Kudu Lily
Koedoelelie

© Roger de la Harpe
Kudu Lily.

Naam

Koedoelelie

Latynse naam

Pachypodium saundersii

Beskrywing

Die koedoelelie is ’n vetplantagtige struik met ’n dik stam onder en stekelrige takke. Die blare is blinkgroen met golwende rande. Blomtyd is in die herfs en die blomme is wit.

Habitat

Die koedoelelie groei in rotsagtige gebiede in die Nasionale Krugerwildtuin en word in die Lebombo berge en ander areas in Mpumalanga en KwaZulu-Natal en in die naburige Swaziland en Zimbabwe gevind.

Veld notas

Die koedoelelie groei baie stadig en word benadeel as gevolg van sy habitat wat vernietig word deur die mens. Dit kan nie vinnig aanpas by nuwe toestande nie en in sommige plekke het dit feitlik uitgesterf. Ten spyte van die feit dat dit ’n pragtige plant is, het dit geen ander nut vir die mens nie, om die waarheid te sê is die plant giftig vir vee.