Krantz Aloe
Kransaalwyn

© Roger de la Harpe

Naam

Kransaalwyn

Latynse naam

Aloe arborescens

Beskrywing

Die kransaalwyn is ’n veeltakkige aalwyn met dik, geelgroen blare. Die blare is gewoonlik skerp getand op die rande en baie sappig met ’n geel slymerige sap. Hierdie sap word al vir baie eeue gebruik om maagkwale te behandel. Die blare stoor ook water om die plant in staat te stel om droogtes te oorleef.
Een tot vier digte are met koraalrooi verskyn vanaf Mei tot Julie. Die blomme word aan stewige stingels gedra en is min of meer buisvormig. Die meeste aalwyne is ’n belangrike voedselbron vir suikerbekkies op soek na nektar en sodoende word die aalwyn bestuif.

Habitat

Soos die naam aandui groei die kransaalwyn meestal op kranse en rotshange, maar dit word ook in digte bosveld aangetref. Dit is een van die min aalwynspesies wat aand die kus en in die berge gevind word en is wydverspreid deur Suid Afrika na Mosambiek, Zimbabwe en Malawi toe.

Veld notas

Die bitter sap van die aalwynblare is eers net deur die Afrika-stamme gebruik om ’n verskeidenheid siektes te genees, maar die afgelope jare het die Westerse medisyne die genesende eienskappe van die plant ontdek. Die genesende eienskappe van die plant het eers regtig na vore gekom na die atoombom slagoffers van die Tweede Wêreldoorlog met die aalwyn konkoksies behandel is.