Koljander

© Louise Brodie

Koljander se oorsprong is in die Midde-Ooste, en die eerste bewyse van die plant, sy verbouing en gebruike deur die mens, het meer as 6 000 jaar gelede versprei vanaf Egipte na Turkye, Sentraal-Asië en Persië. Na aanleiding hiervan het die gebruik van koljander ook meer as 3 000 jaar gelede uitgebrei na Indië en China, en later na Suid-Europa. Vandag word koljander wêreldwyd gebruik en verbou.

Wetenskaplike naam: Coriandrum Sativum
Algemene naam: Kojander, Danja of Cilantro

Plant Beskrywing

Die Koljander plant is 'n sagte-blaar, jaarlikse plant en groei tot ongeveer een meter in hoogte as dit toegelaat word om te groei totdat dit saad begin verskaf. Die blomme is wit of 'n bleek pienk. Dit produseer ronde tot ovaal vormige vrugte wat die koljandersaad bevat, met 'n sterk aroma en medisinale gebruike. 

Gebruike

Koljander se vars stingels en blare, asook die klein vrugte en gedroogde sade, word gebruik vir hul aroma in kos geregte. Die vrugte of sade word ook gebruik vir die ontginning van essensiële olie, en die vetterige olies word in beide die natuurlike medisinale mark en die voedselverwerkings bedryf gebruik.

Die olie word gebruik as 'n anti-bakteriële behandeling wat help met vertering, en het ook blykbaar ʼn kalmerende effek.

Grondvereistes en Voorbereiding

Koljander groei die beste in goed gedreineerde, sanderige leemgrond met 'n pH balans van tussen 6.0 en 7.5. In swaarder grond is dit die beste om walle in die plantrye te skep wat help om die water van die wortels af weg te dreineer.

Voordat enige grondvoorbereiding gedoen word, moet 'n grondmonster geneem en na 'n laboratorium gestuur word vir ontleding en voedingstowwe aanbevelings. Grond moet gespit word om die grondprofiel van sowat 500 mm los te maak. Die kalk vir die pH balans se regstelling en die mis of kompos moet toegepas en geploeg word in die boonste 400 mm van die grondlaag so vier tot vyf weke voor aanplanting. In die laaste dae voor aanplanting, moet spoorelemente en 'n gebalanseerde voorplanting van kunsmis in die boonste 20 cm van die grond toegevoeg en gespit word. Dit sal enige onkruid wat dalk hulself in die grond gevestig het, verwyder. Walle word ook nou opgerig op hierdie stadium en die saadbeddings word nou voorberei vir aanplanting.

Klimaat

Koljander groei die beste in 'n koeler, gematigde klimaat en presteer die beste in temperature van tussen 18°C en 27°C.

As die temperature te hoog is, sal die plant, indien dit gelos word om te blom of volwasse te word, te vinnig saad produseer voor dit volwasse genoeg is om óf genoeg blaar produksie of genoeg sade te produseer.

Kultivars

Daar is baie kultivars van koljander, maar die paar hooftipes wat kommersieel geproduseer word, is: Caribe, Chinese, Leisure, Long Standing, Slow Bolt en Santos.

Translated by Wilma Koeppen