Kingfish
Koningvis

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Koningvis

Alias

Travelies, Jacks

Wetenskaplike naam

Carangidae

Grootte

Tot 1,7 m, gemiddeld 70 cm.

Identifikasie

Vaartbelynde, lateral afgeplatte liggame. Diep-gevurkte stert. Stertbasis is baie slank. Agterste gedeelte van die laterale lyn het ontwikkel in ‘n skildplaat (stekelrige struktuur). Silwerkleurig met verskillende vinkleure of kolle.

Algemene Inligting

Die Carangidae familie bestaan uit 33 genera en 140 spesies. Die meeste is pelagies, baie vinnige jagters, word aangetref aan die rande van riwwe. Sommige in die familie grawe in die sand vir kos. Kom soms in groot skole voor en lê groot afstande af. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef hoofsaaklik van vis, soms weekdiere en ongewerweldes.

Verspreiding

Kom voor in die Atlantiese-, Indiese- en Stille Oseane.

Algemene Spesies

Bigeye kingfish (Caranx sexfasciatus)
Bluefin kingfish (Caranx melampygus)
Giant kingfish (Caranx ignobilis)