Jongingskratte

©Glenneis Kriel
Piglets are allowed to move safely to and from the sow in farrowing pens.
Jongingskratte is van die beste beleggings wat ‘n varkboer kan maak. Sôe word ‘n week voordat hulle kleintjies kry (jong) na hierdie kratte verskuif en bly daar totdat die varkies op 21 tot 28 dae gespeen word. Beweging van die sog word beperk tot een deel van die krat, terwyl kleintjies vrylik kan rondbeweeg vanuit ‘n kruiparea na die sog en terug.
Volgens die Welsynskode van die South African Pork Producers Organisation (SAPPO), mag sôe nie langer as 7 dae voordat hulle kleintjies kry na die kratte verskuif word nie en mag hulle ook nie langer as ses weke nadat hulle gejong het, daarin gehou word nie.

Voordele

©Glenneis Kriel
In the absence of farrowing pens, sows should have enough space to protect the piglets from other pigs.
Diere aktiviste mag redeneer dat dit ‘n wrede praktyk is, maar in werklikheid bevorder jongingskratte dierewelsyn deur optimale temperature vir kleintjies en sog te verseker en te verhoed dat sôe op hul kleintjies trap of lê. Afgesien hiervan, beskerm dit klein varkies teen siektes en parasiete omdat die jongingshokke skoongemaak en ontsmet word voordat die sôe daarheen verskuif word. In die meeste stelsels word sôe ook gewas en ontwurm voordat hulle na die kratte verskuif word.
Boonop help die kratte boere om die sôe beter by te staan tydens jonging en boere kan ook die voer, waterinname en gesondheid van die sôe en kleintjies beter monitor. Dit is baie belangrik aangesien tot 65% van alle vrektes onder babavarkies plaasvind gedurende die eerste week na geboorte.

Nadele

©Glenneis Kriel
Good design and good hygiene helps to prevent problems in farrowing crates.
Volgens die webstuiste Farming Truth, weeg die voordele beslis swaarder as die nadele en jongingskratte word nie net algemeen gebruik in Suid-Afrika nie, maar ook in die Verenigde Koninkryk, Europa en die Verenigde State. Die vernaamste nadeel is die koste van die kratte, aangesien hulle duur is om aan te koop en boonop sal bydra tot skoonmaak-en elektrisiteitskoste. Verbeterde dierewelsyn, minder vrektes en better groei vergoed egter hiervoor op die lang duur.
Ander nadele is dat dit beserings en gesondheidsprobleme soos sere op voete en selfs verlamming, mag veroorsaak as die kratte nie deeglik skoongemaak word nie. Volgens die Welsynskode moet die hokke voorsiening maak vir die natuurlike gedrag en beweging van varke. Sôe moet dus kan plat lê en regop staan sonder enige beperking van hul ledemate. Die rug van die sog moenie aan die boonste sporte van die krat raak nie en haar sye moet ook nie gelyktydig aan beide kante van die hok raak nie.

Buitekant

©Glenneis Kriel
Farrowing pens reduces the risk of sows rolling over their young.
Jongingskratte hoef nie binnenshuis gehou te word nie. In Amerika is daar boere met vrylopende varke wat suksesvol opvoubare kratte op weiding gebruik gedurende die warmer maande van die jaar. Hulle roteer die kratte oor die weiding om die opbou van siektes of parasiete in spesifieke areas te verhoed.
Suid-Afrikaanse boere moet dit slegs probeer doen in areas waar die nagtemperature warm genoeg is vir die kleintjies wat goed vaar by 27 tot 32 grade Celsius. Hierdie tipe produksie is nie voordelig vir sôe wat koeler temperature vereis nie; hul voedselinname en melkproduksie word negatief beïnvloed by temperature hoër as 21 grade Celsius.
In binnenshuise sisteme word hierdie probleme oorkom deur kol-verwarming en verwarmde vloere in die verhitte area, terwyl die sog-gedeelte koeler vloere het. Verskeie ontwerpe en strukture is beskikbaar. Nader ‘n dieregesondheidstegnikus vir advies oor ‘n struktuur wat die geskikste sal wees vir jou produksiebehoeftes.

Translated by Elna Van Rhyn