Inenting vir die Voorkoming van Pluimvee Siektes

© Chris Daly

Terwyl inenting een van die waardevolste wapens in pluimveeboere se wapenrusting geword het teen sekere siektes, is dit nie ’n absolute waarborg dat voëls nie siek gaan word nie. ’n Spesifieke entstof byvoorbeeld, is gerig op ’n spesifieke siekte draende stam dus kan voëls dalk nog besmet word as ’n ander stam van die siekte uitbreek. Indien iets verkeerd gedoen is tydens die aanwendings proses kan die entstowwe ook nie immunologie tot gevolg hê nie.

Vir die beste uitkoms behoort inentings deel te vorm van die groter siekte voorkoming strategie wat ook effektiewe biosekuriteit, gesonde higiëne en ’n stres vrye produksie omgewing insluit. Produsente moet saam met hulle veeartse werk om ’n inentingsprogram op te stel wat daarop gemik is om die grootste siekte bedreigings in die spesifieke produksiegebiede te weerstaan. By die aankoop van dag oue braaikuikens of 18 weke oue lêhenne kan produsente ook ’n gesondheidsertifikaat aanvra as bewys dat die voëls teen spesifieke siektes ingeënt is.

Toepassings Metodes

Die mees algemene metodes wat gebruik word om inentings op lêhenne en braaikuikens toe te pas, sluit inenting deur ’n sproei, oogdruppels of drinkwater in. Met sproei inenting word die entstof met water gemeng en op die kuikens gespuit.

Die sproei inenting kan uiters gesofistikeerd wees, met bokse kuikens wat op ’n vervoerband onderdeur outomatiese oorhoofse sproeiers beweeg, of minder gesofistikeerd, met mense wat die entstof via ’n rugsak met ’n hand spuiter toedien. Fyner druppels is oor die algemeen meer effektief as om groot druppels te hê.

Die voëls moet ook vroeg in die oggend bespuit word voordat dit te warm is en onder windstil omstandighede. Met die oogdruppel-metode word een druppel van ’n entstof in water opgelos en in een van die voël se oë toegedien. Die entstof moet behoorlik gemeng word en die korrekte drupper is nodig om te verseker dat dit akkuraat toegedien word.

Oogdruppel-inenting is hoogs doeltreffend wanneer dit behoorlik gedoen word, maar dit kan op sommige plase te arbeidsintensief wees aangesien al die voëls gevang moet word om ingeënt te word. Dit is ’n goeie opsie vir boere wat nie soveel voëls het nie of in gemeenskap produksiestelsels waar arbeid dalk nie so duur is nie.

Entstowwe kan ook via drinkwater toegedien word. Vir die beste resultate, adviseer die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou produsente om die drinkwater vir twee ure te verwyder om te verseker dat die voëls dors genoeg is as die entstof-water toegedien word.

In baie warm weer is dit nie nodig om die water terug te hou nie. Dit mag wel nodig wees om meer drinkbakke in die produksiegebied te sit, om te verseker dat al die voëls kans kry om die water te drink. Skoon water moet na die tyd verskaf word. Kleurstof kan met al die metodes gebruik word om aan te dui of al die voëls die entstof ingekry het.

Sukses

Na inenting moet voëls gemonitor word om te sien of immunisasie plaasgevind het. Voëls moet twee tot drie dae na toediening ’n effense reaksie op die entstof ontwikkel.

Die reaksie kan vyf tot sewe dae lank duur en afhangende van die tipe entstof wat gegee is kan simptome soos respiratoriese geluide, die geskud van die kop, waterige oë of letsels voorkom. Die bloed kan ook getoets word om te sien of die voëls immuun is.

Mislukking

Die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging identifiseer menslike foute as die hoofoorsaak van inenting mislukking. Die vereniging gee die volgende wenke vir goeie inenting uitkomste:

Die meeste entstowwe moet by temperature van 4-8°C gehou word. Bêre die entstof in ’n werkende yskas en gebruik ’n koelboks as dit getransporteer moet word. As die entstof afgelewer word, maak seker dit is nog koud as dit op die plaas aankom.
Die entstowwe moet beskerm word teen direkte sonlig en hitte.
Kontroleer die vervaldatum op die flessies wat die entstowwe bevat.
Meng en pas die entstof toe soos aangedui.
Die entstof moet so gou as moontlik gebruik word nadat dit gemeng is.
Gebruik die korrekte dosis.
Gebruik die regte produk, aangesien verskillende stamme van verskillende siektes bestaan.
Dien die entstowwe toe op die regte tydstip. Sekere entstowwe werk nie op jong kuikens nie en booster-entstowwe moet op die regte tyd gegee word om immuniteit te verbeter. Dit help ook nie om ’n entstof te gee wanneer voëls reeds siek is nie.
Verseker dat die personeel wat die entstowwe administreer, behoorlik opgelei is om dit te doen.
Verseker dat alle voëls ’n gelyke dosis ontvang, dra sorg dat sommige nie oordoseer word en ander glad nie, veral wanneer die entstof toegedien word via spuit of drinkwater.
As die entstof via drinkwater toegedien word maak seker dat die water chloor vry is, aangesien chloor die organismes wat in die vervaardiging van die entstof gebruik word sal vernietig.
Moet nie antibiotika gee wanneer lewende entstowwe toegedien word nie, aangesien die antibiotika die organismes in die entstof kan vernietig.
Moenie meer as een entstof op ’n slag gee nie, tensy die entstowwe deur ’n betroubare vervaardiger gekombineer is.
Moet nie voëls wat aan stres veroorsaak deur omgewingstoestande, swak voeding, parasitisme of siektes ’n entstof gee nie, aangesien hierdie voëls nie genoeg energie het om teenliggaampies in reaksie op die entstof te vorm nie.
Inenting kan ook die bestaande stres vererger en tot sekondêre infeksies lei.
Hou rekord van wanneer watter entstowwe toegedien is en dui aan wanneer die volgende entstowwe gegee moet word.

Translated by Ananda Schoeman