Idenfitikasie van die Bosvark

©Ann Gadd
Bosvarke (Potamochoerus larvatus) kom voor vanaf die Noordelike en Oostelike dele van Suid Afrika van KwaZulu-Natal, die middelste gedeelte van die Vrystaat en die Oos en Weskaap. Volgens die “A conservation assessment of Potamochoerus larvatus” deur die South African National Biodiversity Institute and Endangered Wildlife Trust, wissel die digtheid van die populasie tussen 0,3 en 0,5 diere per vierkante kilometer, met loopgebiede wisselend tussen 3,8 km² tot 10,1 km² afhangende van die beskikbaarheid van voedsel.
Soos hulle naam aandui lyk die bosvarke soos varke en hulle spore is dieselfde. Hulle het harige lywe met klossies hare op hulle oor punte. Hulle gesig hare is gewoonlik baie ligter van kleur as die res van die liggaam. Volwassenes kan groei tot 1,7 m lank en kan weeg van 46 kg tot 115 kg.
Bosvarke is monogaam, met groepe wat oor die algemeen bestaan uit een broeiende sog, een alfa beer en een of twee generasies kleintjies. Die sog is gereed om kleintjies te kry vanaf die ouderdom van 21 maande en kan dan tot 6 klein varkies per werpsel kry. Die sog bou haar nes uit gras.

Doodmaak en Voeding Patroon

©Nigel Dennis
Volgens die Predasiebestuur Handleiding, is die bosvark meer aktief in die nag, maar word ook gesien tydens die koeler ure in die dag as dit nie gesteur word nie. Hulle is omnivore, wat hulle harde snoete gebruik om bolle, knolle en risome uit te snuffel. Hulle word gesien as ʼn pes op party suikerriet, vruge, neute en mielie plase, en prooi baie min op lewendehawe. Net soos bobbejane volg hulle nie ʼn spesifieke patroon om diere dood te maak nie, en gebruik gewoonlik hulle tande om die prooi oop te skeur. Hulle is morsige eters en verorber omtrent die hele karkas.

Bestuur

©Nigel Dennis
Die Predasiebestuur Handleiding raai boere aan om verliese van lewendehawe en gewasse te voorkom deur goed opgerigte heinings wat ten minste twee geëlektrifiseerde drade het. Alternatiewe keuses is om die diere op hok te sit in die aand, of gebruik te maak van waghonde, veldwagters, geraas of lig afskrik middels om verliese te verhoed.
Opvoubare inloop valhokke word voorgestel as ʼn goeie manier om bosvarke te vang. Die Predasiebestuur Handleiding raai boere aan om in die begin lokaas in die valle te sit sonder om die diere te vang, om hulle gewoond te maak aan die hokke. Sodoende sal hulle baie bosvarke kan vang. Met die nodige permitte mag bosvarke in die aand of met honde gejag word. Jaghonde mag egter nie in fisiese kontak met die bosvarke kom nie vir dierebeskermings redes.

Translated by Wilma Koeppen