Hottentots Fig
Suurvy

Naam

Hottentotsvy ook bekend as ’n Suurvy

Latynse naam

Carpobrotus edulis

Beskrywing

’n Kruipende vetplant met lang uitlopers en driesydige vlesige blare. Die blomme is groot en pers en lyk effens soos die madeliefie se blomme. Die suurvy se blare is 50 mm lank en die blomme is 70 mm in deursnee.

Habitat

Dit kom voor op rotsagtige gebiede en sandduine wat reeds gedeeltelik stabiel is. Die suurvy word aktief bestuif deur ’n verskeidenheid insekte. Dit is een van verskeie Carpobrotus spesies waarvan sommige wêreldwyd gebruik word om sanderige grond te stabiliseer.

Vrugte

Vrugte sappig en eetbaar en dit kan gedroog word of gebruik word om konfyt van te maak.

Veld notas

Die suurvy se eetbare vrugte word deur ’n aantal spesies geniet naamlik skilpaaie wat die blare eet en bobbejane en bokke wat die blomme en vrugte verkies. Knaagdiere soos ystervarke eet ook die vrugte en mense gebruik die vrugte om souse en konfyt van te maak. Die blomme word deur bye en ’n verskeidenheid kewerspesies bestuif. Die sade word deur die spesies wat dit eet se uitskeidings versprei.