Hoe Om Weiding Aan te Plant

© Alan Manson

Waar weivelde reeds gevestig is, kan 'n boer besluit om 'n weiveld op te knap deur dit oor te plant of net die bestaande weiding te bestuur. As die weiding 40-75% van 'n gewas verteenwoordig, kan 'n nuwe weiding geplant word deur oor te plant op die bestaande weiding, maar as minder as 40% van 'n weiding oorbly, sal dit die beste wees om die  hele weiding te herstel.

Wanneer daar voorberei word om weiding te plant, speel beide die landskap posisie en die grondtipe van waar geplant gaan word 'n belangrike rol in die bepaling van die keuse van weidingsgewasse. Dit sal ook die beste plant tegniek bepaal.

Gebruik altyd vars hoë-gehalte saad, en voor peulgewasse geplant word maak seker dat die saad met die korrekte vorm van Rhizobium bakterieë ingespuit word om voorsiening te maak vir 'n behoorlike stikstofbinding in die grond. Vra jou saadverskaffer vir advies oor die terrein en  die keuse van saad.

Grond Keuse Vir Weidings Aanplanting

©Kim and Forest Starr

Die potensiële opbrengs van weiding word beïnvloed deur die grond se eienskappe en vrugbaarheid. Byvoorbeeld, die grondlaag net onder die grond kan diep infiltrasie van water keer wat sal veroorsaak dat die bogrond kan versuip. Weidings grasse soos Napier en Bana gras kan dalk 'n goeie keuse wees omdat hulle van vogtigheid hou.

Die helling van die land sal water wat afloop en gronderosie wat maatreëls soos kontoere en terrasse beïnvloed kan keer. Om die tempo van water stadiger te maak kan kruip en-sooi vormige grasse in breë repe geplant word. Dit sal ook waterinfiltrasie in die grond verhoog.

Weiding Beplanning

Begin die voorbereiding van die grond 6-12 maande voor die werklike datum van aanplanting. Voordat die aanplant van gewasse, is dit belangrik om 'n grond-toets te doen om voedingstekorte en die pH balans van die grond te bepaal. Hierdie grond toets sal ook bepaal watter weidingsgewasse is die meeste geskik vir jou grondtipe.

Daarna kan voedingstowwe sowel as organiese materiaal bygevoeg word om mikrobiese lewe in die grond te stimuleer. Inkorporeer die nodige aanpassings, kunsmis en voedingstowwe tydens die voorbereiding van die saad of wanneer daar gesaai word.

Saadbedvoorbereiding

Die sade van die meeste grasse en peulgewasse is baie klein en dit is dus noodsaaklik dat die saadbed gelyk, onkruid-vry en ferm moet wees. Sade benodig vog om te ontkiem en vir wortels om te ontwikkel so goeie saad-tot-grond kontak is noodsaaklik om voldoende vog naby die saad te verseker.

Saadbedvoorbereiding hang af van die tipe van toerusting wat beskikbaar is. As 'n nuwe weidingsarea tot stand gebring word, kan konvensionele bewerkings gebruik word, maar as 'n bestaande weiding net opgeknap word, kan die boor metode vir die werking van grond ʼn beter keuse wees.

Aanplanting kan gedoen word met gewone of geen bewerkings metodes. In konvensionele plant metodes, word die saadbed geploeg en gedroog om die saadbed voor te berei of die sade word geplant sonder dat die grond meganies versteur word. 

Konvensionele plant metodes moet gebruik word wanneer 'n universele saadbed benodig word. Dit breek groot kluite op en sommige boere reken dit maak die grond vinniger warm en help om  meer eenvormige weidings te vestig. Dit kan egter gronderosie veroorsaak deurdat die konvensionele bewerking van die grond die grondstruktuur kan verander.

Geen-bewerking behels die direkte saai van saailinge in die oorskot weivelde. Oorskot moet eers verminder word deur harde weiding (baie vee wat daar wei) of die verwydering van die hooi. Die geen-bewerking metodes  verminder gronderosie en bewaar vog maar saailinge kan stadiger en minder eenvormig ontkiem.

Beste Tyd Om te Plant

Wanneer weivelde geplant word is die saai datum baie belangrik. Die keuse van weiding - somer groeiend of winter groeiend sal jou saaityd bepaal. Die ideaal vir 'n boer is om weiding beskikbaar te hê ten alle tye in geval van voedsel skaarste of droogtes. 

Beplanning van die planttyd sal ook bepaal wanneer weiding geoes sal word. Hou in gedagte dat weivelde nie net bewei kan word nie maar kan ook geoes en gestoor word in die vorm van kuilvoer of hooi.

Onkruid kan die plantseisoen bepaal, byvoorbeeld met die aanplant van weiding in die lente en vroeë somer kan dit die groei van winter onkruid beperk.

Plant Tegnieke

©AnnaJB

Weiding saad word gewoonlik oral uitgesaai, maar soms word daar rye vir weivelde verkies. In hierdie geval, kan 'n gewone saadboor ook gebruik word om dit in rye te plant, byvoorbeeld waar weivelde gevestig word in wye rye tussen kontantgewasse.

Dit is belangrik om saad op die regte diepte te plant vir optimale ontkieming. Daar kan met die hand geplant word of met 'n loting masjien waar die hande gebruik word. ʼn Koring planter waarvan die tande/messe verwyder is kan ook gebruik word. Op hierdie manier word  saad op die grondoppervlak gesaai en nie dieper nie. Alternatief kan ʼn saadplanter vir groenteproduksie ook gebruik word. Saad kan ook met fosfaat of kalk gemeng word en met 'n kalk verspreider gesaai word. 

Daar kan ook direk geboor word. Dit is byvoorbeeld moontlik om raaigras en klawer by te voeg tot 'n bestaande oorheersende peulplantweiding deur direk in die deklaag van 'n vorige gewas of plant te boor. Dit word gedoen om die weiding te verdik of om gras by peulplant-gedomineerde weiding te voeg. Die tegniek sal nie werk met haan se voet, langswenkgras of lusern nie.

Translated by Wilma Koeppen