Magiese Wild - Aktiwiteite
Hluhluwe-iMfolozi Park, KwaZulu-Natal

Ontdek die wildernis met ’n kenner gids wat geheime oor die Suid-Afrikaanse bos met jou sal deel by Hluhluwe Game Reserve.

Wildbesigtigingsritte

Wildbesigtigingsritte vind in die dag en in die aand plaas. Self-ry safaris is ook ’n opsie by Hluhluwe Wildreservaat. Gaste wat eerder die gemak van hul eie kar geniet en teen hul eie pas wil beweeg, kan die self-ry roetes ontdek.

Let asseblief op dat die bos kampe egter slegs met ’n 4x4-voertuig, 4x2-voertuig en SUV wat hoog gebou is, bereikbaar is. Die reservaat se terrein is grof en rof en die meeste karre sal die terrein ongelukkig nie kan aanpak nie.

Bos Wandelinge

Ervaar die opwinding van die bos te voet. Hluhluwe Wildreservaat bied geleide stap safaris aan waartydens gaste meer kan leer oor die ekologie en die flora van die area. Die gidse sal jou ook tradisionele medisinale gebruike van sommige van die bome en plante uitwys. Hierdie korter wandelinge vind elke dag plaas en vertrek vanaf Hilltop Camp.

Pieknieks

Pak jou piekniekmandjie en vind vir jou ’n plek in die wildernis. By hierdie wildreservaat in KwaZulu-Natal kan jy die hele die bos ontdek, en vir middagete of peuselhappies uitklim by een van die vele piekniekplekke in die reservaat. Elke piekniekarea het ablusie geriewe en ’n braai area, so moenie vergeet om jou houtskool en vuurhoutjies saam te bring nie!

Bos Maaltye

Hilltop Camp het ’n restaurant en kroegarea, met ’n lieflike stoep. Die uitsigpunt is die perfekte hoogte vir ’n ongelooflike uitsig oor die reservaat. Gaste wat in die self-sorg akkommodasie bly kan by die plaaslike winkel hul benodighede koop.