Hermit Crab
Kluisenaarkrap

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Kluisenaarkrap

Wetenskaplike naam

Paguroidea

Grootte

Lengte van liggaam van 1-20cm

Identifikasie

Sagte onderlyf wat weggesteek word in seeslakskulpe. Die hele liggaam kan terugtrek in die skulp. Vyf pare pote waarvan die eerste paar gewoonlik knypers is. Sommige gebruik sponse of anemone om die skulp te kamoefleer. Kleur varieer en bruin, rooi, oranje, wit blou en swart kom voor. Sommige het strepe en kolle op die pote.

Algemene Inligting

Die Paguroidea superfamilie bestaan uit 6 families en 68 genera. Deel van die skaaldiere. Naam afgelei van die gebruik om tweedehandse skulpe te bewoon. Trek heeltemal terug in die skulp indien gesteur word. Kan baie lank lewe. Kom voor op land, vars- en seewater. Pelagiese kuitskieters.

Voeding

Leef van alge, wurms, plankton en organiese afval.

Verspreiding

Kom voor in al die gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Anemone hermit crab - Dardanus pedunculatus
Stareye hermit crab - Dardanus venosus
Wolf hermit crab - Aniculus maximus