Haas Voeding

© Karoline Steenekamp

Wat ook al voeding jy besluit om jou hase te voer, dit is belangrik om dit konsekwent te hou. Voer dieselfde tyd elke dag, maar dit is beter om twee keer ’n dag eerder as eenkeer ’n dag te voer. Maak seker dat al die voer vars is en heeltemal vry is van muf. Waar daar meer as een hasie in ’n hok is, moet jy seker maak dat hulle almal gemaklik op dieselfde tyd kan eet.
Voertrogte moet smal wees, sodat geen hasie kan inklim en op al die kos kan sit nie. Die trogte moet ook silwerskoon gehou word. Moet nooit voer skielik verander nie. In die wild eet hase wat per seisoen beskikbaar is. Die seisoene verander stadig en daarom moet ’n verskil in voer stadig voorgestel word.

Water

Water moet te alle tye beskikbaar en vars wees. As enige ander sisteem as die nipple-drinkers gebruik word, moet die houers algae-vry en ordentelik skoon wees te alle tye.

Hooi

Hooi is ’n essensiële deel van die haas se dieet en moet te alle tye beskikbaar wees. Hooi kan opgemaak word uit ’n verskeidenheid droë grasse soos tef, eragrostis, rooi gras, hawer en die meeste fyn tipes gras. ’n Mengsel van grasse kan saam geplant word om ’n smaakvolle en verskeidenheid hooi te bied. Kruie soos pietersielie en brandnetel kan ook by die mengsel gevoeg word.
Hawerhooi maak goeie kos, maar moet nie aan hase wat amper kleintjies gaan kry gevoer word nie. As hawerhooi in hulle nesboks gesit word, kan die stamme op die hawersaad die babas se maag deursteek en hulle doodmaak. Dik veldgras het baie min nutriënte en is nie eetbaar nie en word daarom nie as hooi geklassifiseer nie. Hooi moet gestoor word in ’n droë en koel plek. Muwwerige hooi is baie gevaarlik en sorg moet geneem word om die hooi vars te hou.

Lusern

Lusern is ’n uitstekende bron van proteïne en moet nie as hooi gebruik word nie. Dit is te hoog in proteïne en ’n oormaat kan opblaassiekte veroorsaak.
Daar is verskeie maniere hoe lusern gevoer kan word. Lusern kan vars gevoer word en moet stadig voorgestel word. Dit moet dadelik na dit gesny is gevoer word, omdat dit dan die lekkerste proe en verfrissend is.
Verlepte lusern kan erge opblaassiekte veroorsaak en die haas doodmaak. ’n Half-uur nadat die lusern gevoer word, moet alle oorskiet van die hokke verwyder word en op die komposhoop gegooi word. Lusern kan ook droog gevoer word. Die bulk van die koswaarde is in die blaar vasgevang en daarom is dit ’n goeie idee om die lusernhooi op ’n kartonplaat of in ’n houer te voer.
’n Hooihouer met ’n soliede bodem kan gebruik word. Die droë blare val baie maklik van die stam af en dit is ’n totale vermorsing van ’n duur voerbron. Die beste manier om gedroogde lusern te voer, is deur 'n kap in 'n voerbak wat gereeld leeggemaak en skoongemaak word.

Lusernpellets is beskikbaar by alle verskaffers en kan alle ander gekonsentreerde voer vervang, mits dit gerugsteun word met goeie hooi en vars, skoon groenvoer.
©Karoline Steenekamp

Konsentraat

Konsentraat hoë-proteïn haasvoer is beskikbaar by verskaffers, maar hulle is duur. Om suksesvol te boer, is pellets nie altyd nodig nie. Veral nie in ’n kleinskaal produksie waar die hoofdoel voedselsekuriteit is nie.
Dit is ideaal om ’n klein ratio van pellets tot lusern te voer, met bygevoegte hooi en groenvoer om te verseker dat die gesonde jongelinge relatief groei. Die kwantiteit van die voer hang af van die kwaliteit van die hooi en die groenvoer, maar 80 gram (omtrent ’n tuna blikkie) per haas per dag kan gebruik word as ’n beginpunt.

Groenvoer

Sonder ’n aktiewe groente- en kruietuin, sal hierdie vorm van volhoubare haasboerdery faal. Gemeenskappe en boere wat hase wil aanhou as ’n bron van vleis om hulle families mee te voer, moet ’n werkende groente tuin hê. Die groente tuin moet in oormaat aan die gemeenskap se behoeftes omsien, reg deur die jaar.
Daar moet geen tyd gedurende die jaar wees wanneer die mense of diere wat daarvan afhanklik is, nie voorsien kan word nie. Sommige groente is gifting en moenie aan hase gevoer word nie. Hierdie sluit aartappelplante, tamatieplante, en rabarber in. Pampoen, skorsie en spanspek is ook nie goed vir hase nie.
Die beste groente vir hase is wortels, spinasie, boerenkool, marog (ook bekend as wilde spinasie), blomkoolblare en oortollige blomkoolkoppe, broccoli en beet. As jy onseker is oor watter nuwe groente om te voer, bied ’n klein porsie van die groente aan die haas aan saam met ander kos wat jy weet die haas van hou.
Hase sal ongepaste plante ignoreer, behalwe as dit rêrig baie honger is (wat nooit moet gebeur nie). Kruie is net so belangrik soos groente. Nie net word kruie gesien as kos nie, maar hulle is ook natuurlike medisyne. Sien die Gesondheidsgedeelte oor watter kruie om vir hase te voer.

Translated by Nina Joubert