Grey Nurse Shark
Skeurtandhaai

© Jean Tresfon

Gewone familienaam

Skeurtandhaai

Ander in familie

Sandhaai, Dogfish shark, Spotted skeurtandhaai

Wetenskaplike naam

Carcharias Taurus

Grootte

Tot 3,2m, gemiddeld 2,5m

IDENTIFIKASIE

Groot gepunte snoet met sigbaar-gepunte tande. Kleinerige rugvin. Donker kolle op bruin-grys vel. Soliede liggaam met twee dorsale vinne. Stertvin is prominent sub-terminaal ingekeep.

ALGEMENE INLIGTING

Die Odontaspididae familie bestaan uit 2 genera en 4 spesies. As bedreig gelys. Die enigste haai wat lug hap en berg in sy maag om neutrale dryfvermoë te verseker. Migrerende spesies. Word alleen of in groot skole op riwwe aangetref. Passief en stadig-bewegend, maar kan aggressief optree wanneer bedreig. Weeg tot 160kg. Ovovivipaar. Kleintjies word volledig ontwikkel gebore. Uteriene kannibalisme kom voor. Twee kleintjies word gewoonlik gebore.

VOEDING

Leef meestal van beenvis, maar ook klein haaitjies, rôe, inkvis, krappe en krewe.

VERSPREIDING

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.