Great White Shark
Witdoodshaai

© Jean Tresfon

Gewone Familienaam

Witdoodshaai

Alias

Mensvreterhaai; White Pointer

Wetenskaplike Naam

Carcharodon carcharias

Grootte

Tot 8m, gemiddeld 4m

Identifikasie

Groot, spoelvormige liggaam met ‘n stomp, kegelvormige snoet en groot, driehoekige saagrand tande. Groot halfmaanvormige rugvin. Prominent swart oë. Loodgrys tot swart aan die bokant, ligter aan die kante en wit onder.

Algemene Inigting

Die familie Lamnidae bestaan uit 3 genera en 5 spesies. Die witdoodshaai is die enigste oorlewende spesies in die genus Carcharodon – Megalodon het uitgesterf. Die Mako, Salmon en Haringhaaie val ook in hierdie familie. Boonste en onderste lobbe van die stert is byna ewe groot. Wyfies is oor die algemeen groter as die mannetjies. Weeg tot 2 200kg. Ovovivipaar (eierlewendbarend).

Voeding

Hulle is karnivore en eet hoofsaaklik vis, maar is ook opportunistiese voeders. Hulle sal roê, dolfyne, walvisse, robbe seesklpaaie, see-otters en pikkewyne eet. Jag deur middel van die hinderlaag tegniek.

Verspreiding

Kom voor in alle subtropiese oseane van die wêreld.