Grasuie

© Louise Brodie

Grasuie het vermoedelik ontstaan ​​in Asië en Oos-Europa. Vandag word grasuie regoor die wêreld verbou.

Wetenskaplike naam: Allium schoenoprasum 
Algemene naam: Grasuie

Plant Beskrywing

Die grasui is verwant aan die ui en het soortgelyke blare soos uie, net fyner. Die blare is silindries, hol en word nouer na die punte. Die plant kan tot ongeveer 50 cm groei en het bleek pers blomme.

Gebruike

Grasuie kan gekook word in geregte of rou in slaaie gebruik word. Grasuie kan ook in olie gemeng word vir sy geur, en word gebruik as 'n geurmiddel in aartappleskyfies, roomkase en soutkoekies.

Grondvereistes en Voorbereiding

Grasuie groei die beste in organiese, ryk, sanderige leemgronde wat goed gedreineer is. Die pH balans van die grond moet tussen 6 en 7 wees.

Voordat enige grondvoorbereiding gedoen word, moet 'n grondmonster geneem en na 'n laboratorium gestuur word vir ontleding en voedingstowwe aanbevelings. Grond moet losgemaak word sodat die grondprofiel sowat 500 mm is. 

Die kalk wat gebruik word om die pH balans reg te stel en die mis of kompos moet toegepas en geploeg word in die boonste 400 mm van die grondlaag, so vier tot vyf weke voor aanplanting. In die laaste dae voor daar geplant word, moet spoorelemente en 'n gebalanseerde voorplant- kunsmis toegevoeg word deur dit in die boonste 20 cm van die grond in te spit. Hierdie manier verseker dat al die onkruid verwyder word. Walle word op hierdie stadium gemaak vir die voorbereiding van die saadbeddings se aanplanting. As saailinge geplant word, kan ʼn plastiek deklaag eers gelê word om onkruid te beheer.

Klimaat

Grasuie groei die beste in 'n koeler klimaat en floreer in temperature van tussen 18°C en 28°C. Grasuie is ryp bestand, maar groei egter stadig wanneer die temperature te laag daal.  

Kultivars

Die algemene grasui is die gewildste. Daar is nuwe kultivar keuses wat ʼn opbrengs van hoër produksie blare het, soos bv. 'n Finse kultivar genoem “Hankoniemi”, 'n Nederlandse kultivar genoem “Tavallinen”, en 'n Duitse kultivar genoem “Grolau”.

Translated by Wilma Koeppen