Grasse Vir Weivelde

©Pannar Saad

Grasse, ook bekend as eensaadlobbige (monocot) of smal-blaar plante, is 'n belangrike komponent van weiding. Wanneer grasse gemeng word met peulgewasse in weivelde, kan grasse die risiko van opblaas verminder wanneer die diere wei. Grasse kan ook onkruid groei beperk, kan help dat weivelde die winters oorleef en kan goeie opbrengste verskaf. ʼn Wye verskeidenheid van grasse vir weiding beteken dat daar vir byna enige klimaat en bestuurstyl gras beskikbaar is. 

Grasse kan verdeel word in tropiese of somer groeiende grasse en gematigde of koel-seisoen grasse. Vra enige saad maatskappy vir leiding oor die beste grasse om te groei vir weiding in jou area en op jou grond tipe.

Somer Grassoorte Vir Weiding

©Pannar Saad

Grasse wat die hoogste opbrengs en groei produseer in die warmer somers word somer groeiende grasse genoem en word gewoonlik geplant in die warmer streke van Suid-Afrika.

Klossie-vormige somer gras (Tuft-forming summer grass)
Hierdie grasse is nie geskik vir swaar weiding nie en het 'n lae verteerbaarheid. Verteerbaarheid is die aantal voedingstowwe wat 'n dier inkry van die weiding. Voorbeelde van klossie- vormige grasse is oulandsgras (Eragrostis curvula), die permanente weiding en baie droogtebestande buffelsgras (Cenchrus cilliaris) en die vinger gras spesies soos Smutsvinger (Digitaria eriantha). Oulandsgras (Weeping love grass) is geskik vir goed gedreineerde suur grond met 'n pH balans van 4 - 7.

Buffelsgras verkies grond met ʼn pH balans van 7-8, groei op sanderige grond in die wild en is sensitief vir aluminium en mangaan. Die lekker Smutsvinger gras groei op vlak klipperige en sanderige grond met 'n pHbalans van 6-7, maar sukkel op lae-vrugbare grond. Snelgroeiende Rhodesgras is goed aangepas vir 'n wye verskeidenheid van toestande en produseer hoë opbrengste vanaf sy eerste aanplant jaar. Die ideaal is om dit te meng met Smutsvingergras.

Kruip grasse
Hierdie grassoorte herstel goed na swaar beweiding maar, tipies van 'n somergras, het dit 'n lae verteerbaarheid. Voorbeelde van kruipende gras tipes sluit in kikoejoe - wat vrugbare grond verkies - sowel as die droogte verdraagsame en grond-bindende Bhai gras of die veelsydige ster gras (Cynodon spesies).

Winter Grassoorte Vir Weiding

©Pannar Saad

Gematigde weidings grasse groei beter in koeler seisoene soos die lente en herfs. Hierdie grasse bly groen in die winter, kan ryp verdra en is dikwels meer verteerbaar as die somer groeiende grasse.

Klossie-vormige gematigde grasse 
Kies die regte gras vir die weiding intensiteit van jou diere. Meerjarige Ryegrass duld nie beweiding nie, maar Haanvoet grasse groei verbeter wanneer dit liggies bewei word. Italiaanse “Ryegrass” kan vir langer bewei word as die “Westerworld ryegrass”.  Raaigras het baie stikstof en water nodig as 'n weiveld plant. 

Langswenkgras (Tall fescue) is ideaal vir baie nat grond en vleilande en kan nie suur grond duld nie. Haan se voet (Dactylis glomerata) is baie lekker. Die gras kan weiding  weerstaan ​​en groei goed teen suidelike hange en skadu areas, en is ideaal vir die aanplanting daarvan in wingerde en boorde.

Translated by Wilma Koeppen