Bejaarde Versorgers: ‘n Inspirasie

© Eric Miller
Skrywer Jo-Anne Smetherham reflekteer oor wat dit vir haar beteken om met ses oumas van Khayelitsha, Kaapstad (wat almal aan GAPA behoort) onderhoude te voer vir die boek The Nevergiveups. Die boek boekstaaf hul lewens vandat hulle jong meisies was in dorpies in die Oos-Kaap, tot hul jare as bejaarde versorgers van hul families in Khaelitsha, Kaapstad.

Die Krag van Kameraadskap

Gegewe die probleme in die oumas se lewens, is dit slegs die kameraadskap en empatie van die ander oumas in GAPA (Grandmothers Against Poverty and Aids) wat hulle aan die gang hou. En die organisasie doen dit op ‘n merkwaardige wyse. Dit was baie vervullend om onderhoude met die oumas te voer.

Al die uitdagings wat hierdie vroue al trotseer het in ag genome, het hulle ‘n vlak van integriteit en durf wat bemoedigend en diep inspirerend is vir mense soos ek, wat beskik oor baie meer lewensmiddele. Hulle stories is oorweldigend positief. Hulle is kamees van lewenskragtigheid en sterkte van karakter.

Hulle het my inspireer oor wat dit beteken om ‘n menslike wese te wees. Terwyl ek sommige van hierdie uittreksels geskryf het, was ek verslae en moes ek eers stop en stilsit vir ‘n paar minute sodat ek die reuse impak kon inneem van wat die oumas gesê het.

Die GAPA oumas het my gewys dat swaarkry ons mag strem, maar as ons dit regkry om te kruip, hink, en uiteindelik weer voort te hardloop, watter ongelooflike prestasie elke tree is.

Totstandkoming van die 'Grandmothers Against Aids and Poverty' Groep

Alicia Mdaka vertel die storie rondom die totstandkoming van die GAPA (Grandmothers Against Poverty and Aids) groep en hoe dit haar lewe beÃ...more

Ouma Stories - Om Geliefdes af te staan aan MIV/Vigs

Goldie Qayiya en haar man,Otto, van Khayelitsha, het nie veel verstaan van die MIV/Vigs virus nie. Nogtans het dit die lewens geëis van twe...more

Ouma Stories – Apartheidervarings

Tenjiwe Tutu vertel van haar ervarings as ‘n huishulp gedurende die apartheidsjare: om die polisie te vermy en uit die tronk te bly....more

Ouma Stories oor Huwelike Volgens die Xhosa Kultuur

Goldie Qayiya en Felicia Mfamana deel hul verskillende ervarings oor die huwelik; Goldie het ‘n vooraf gereëlde huwelik gehad, terwyl Fel...more