Goldie Rockcod

© Johan Boshoff.

Algemene familienaam

Rockcod/Groupers – Goldie

Alias

Fairy bassletts

Wetenskaplike naam:

Anthiinae

Grootte

Tot 25 cm, gemiddeld 12 cm.

Identifikasie

Lyk soos varswatergouevis, alhoewel kleur baie meer treffend is met pienk, oranje, geel en blou. Mannetjies is meer kleurvol as wyfies en hulle vinne is groot en sirkelvormig.

Algemene Inligting

Die Anthiinae sunb-familie bestaan uit 25 genera en 82 spesies. Familie van die bass en groupers. Groot skole kan waargeneem word oor riwwe. Kleiner harems binne skole met een dominante mannetjies en 2 – 12 wyfies. Mannetjies is baie territoriaal en tree op ‘n aggressiewe en verdedigende wyse op. Alle anthias word vroulik gebore. Die dominante wyfie sal van geslag verander as die die dominante mannetjie sterf. Pelagiese kuitskieters.

Voeding

Leef van soöplankton.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Harlekyn-goudvissie - Pseudanthias connelli
Draadvin-goudvissie - Nemanthias carberryi
Sea goldie - Anthias squamipinnis