Goeie Hokke vir Varke

©Glenneis Kriel
In modern facilities, young pigs are on plastic flooring to keep them warm.
Behuising vir varke moet pas by die tipe vark waarmee jy wil boer. Onverbeterde rasse (inheemse varkrasse) vaar beter onder taaier klimaatstoestande en eenvoudige produksie omstandighede as verbeterde rasse. Varkboere kan dus met meer primitiewe en goedkoper behuising wegkom as wanneer daar met die meer sensitiewe verbeterde varkrasse geboer word. Onverbeterde varkrasse kan goed presteer in eenvoudige omheinde of ommuurde kampe (met ‘n onderdak skuiling) of in oop weidings met onderdak en ommuurde skuilings. Verbeterde rasse sal egter beter vaar in meer intensiewe produksiestelsels en verkies 'n meer beskermende omgewing, soos wat geskep word deur gedeeltelik of heeltemal onderdak behuising.

Beplanning van Varkhokke

©Glenneis Kriel
A fenced camp with shelter.
Terwyl dit dalk moeilik is om te beplan wanneer jy net ‘n paar varke besit, maak dit sin om jou hokke so te beplan dat jy dit later sal kan uitbrei soos wat jou boerdery groei. Om jou eie hokke te bou met tweedehandse boumateriaal sal help om die aanvanklilke boukoste te verminder, maar dit kan duur raak oor die langtermyn, aangesien gebruikte boumateriaal dalk nie so lank sal hou soos nuwe materiaal nie.
Die eenheid moet ook so produksievriendelik as moontlik wees; dit moet gerieflik wees, maklik bestuur kan word en maklik wees om skoon te hou. Grondvloere mag geskik wees vir onverbeterde rasse, maar daar moet altyd 'n gebied wees wat droog en skoon is vir die varke om te slaap. Sementvloere is ‘n beter opsie, want dit is makliker om skoon te maak. Die sementvloer moet nie stukkend wees nie (om beserings te voorkom) en moet effens afdraand loop om water beter te dreineer, weg van die varke se kos en slaappplek.
Meer moderne varkhokke het geperforeerde plastiekvloere vir die jong varkies (dit hou hul warmer as sementvloere) maar volwasse varke het sementvloere in hul hokke. Die sementvloere het riffies (om te voorkom dat varke gly) en loop met ‘n effense helling (1%) van die agterkant van die hok tot by die ingang. Varkhokke moet ‘n goeie riooldreineringstelsel hê en maklik skoongemaak kan word.

Boumateriale vir Varkhokke

©Glenneis Kriel
Walls should be high enough to prevent pigs from jumping over it.
Mure kan gebou word uit bykans enige beskikbare materiaal - houtpalette, sementblokke, stene of metaal - wat sterk genoeg is om die varke binne te hou, maar gepleisterde bakstene of beton is gewoonlik die beste keuse, volgens die Suid-Afrikaanse Vark Produsente Organisasie (SAVPO) se produksiehandleiding, ‘Varke vir Wins’. Die hokke of varkkampies moet ten minste 1.2 m hoog en soms selfs hoër wees as jy 'n springer in die kudde het... Die binnekant van die mure moet glad wees met geen skerp punte wat beserings kan veroorsaak nie.
Metaalplate of sinkplaat word dikwels gebruik vir die dakke van varkhokke, maar dit kan baie warm raak in die somer. SAVPO se handleiding beveel aan dat boere die metaalplate wit verf of dit met takke bedek om temperature binne die hok te verlaag. Dekriet maak ‘n goeie dakmateriaal wat varkhokke koel hou in die somer en hitte binne hou in die winter. Dakke moet vanaf die mure gelig word met hout- of metaalpale of pilare. Dit sal beter beligting, lugventilasie en maklike beweging van werkers binne die hokke verseker.
In meer moderne huisvestiging word dak-isolering gebruik om elektrisiteitskoste te verminder. Dit help om hitte binne die hok te hou in die winter en die hokke koel te hou in die somer en sodoende hittestres verminder. Verskeie materiale kan gebruik word vir isolering, maar polistireen word mees algemeen gebruik.
Volgens Danie Visser se boek, ‘Modern Pig Production’, moet boumateriaal aan die volgende vereistes voldoen:
Dit moenie vog absorbeer nie. Dit is brandbestand. Die materiaal is nie skadelik vir die omgewing - soos asbes - nie. Die materiaal is sterk en duursaam. Dit sal nie maklik beskadig word deur diere of deur algemene take (bv skoonmaak) in en om die varkhokke nie. Dit word nie maklik beskadig deur biologiese faktore soos kewers, mikrobes, insekte, rotte of voëls nie.

Translated by Hazel Oliver