Gobies
Dikkoppe

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Dikkoppe/Triplefins

Wetenskaplike naam

Gobiidae

Grootte

Tot 30 cm, gemiddeld 5 cm.

Identifikasie

Klein, langwerpige liggaam met groot kop; liggaam word dunner na die stert toe. Groot oë bo-op die kop. Sommige het voeldrade op verskillende areas van die kop. Kleur varieer grootliks van vaalbruin en grys tot kleurvolle geel, blou en silwer.

Algemene Inligting

Die Gobiidae familie bestaan uit meer as 210 genera en meer as 1 800 spesies. Grootste familie seevisse. Sommige van die genera het versmelte buikvinne wat gebruik word om aan die koraal vas te hou. Hulle word aangetref waar hulle sit op rotse of koraal. Eiers geheg aan substraat. Mannetjies hou wag oor hulle totdat hulle uitbroei – gewoonlik ‘n paar dae.

Voeding

Leef van klein ongewerweldes en planktoniese alge.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Fire goby - Nemateleotris magnifica
Seawhip goby - Bryaninops yongei
Pennant glider - Valenciennea strigata