Goat's Foot
Meerjarige Purperwinde

Naam

Meerjarige Purperwinde

Latynse naam

Ipomoea pes-caprae subsp. brasiliensis

Habitat

Die meerjarige purperwinde is een van die belangrikste vroeë koloniseerders van strandduine en kom wyd voor weens die verspreiding van hul sade deur seestrome.

Beskrywing

Meerjarige purperwinde is uitgestrekte rankplante met lang lopers wat pare tweelobbige blare dra, wat soos 'n bok se gekloofde hoef lyk. Die blomme is trompetvormig en helderpers. Grootte: Blare 60 mm lank; Stingels baie meters lank.

Soortgelyke Spesies: Canavalia rosea (noordelike Natal tot Mosambiek), 'n kruipende duin koloniseerder met tweelobbige blare; het klein pers blommetjies wat lyk soos dié van 'n ertjieplant.

Veldnotas

Die meerjarige purperwinde word aangetref op die subtropiese en tropiese strande en duine van die Indiese-, Stille- en Atlantiese Oseane. Dit is algemeen in die area en is soutbestand sodat dit selfs konstante soutwatersproei kan oorleef.

Die saad dryf en is soutbestand, wat dit een van die belangrikste voorbeelde van die verspreiding van oseaniese spesies maak.