Goatfish
Bokvis

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Bokvis

Wetenskaplike naam

Mullidae

Grootte

Tot 60 cm, gemiddeld 35 cm.

Identifikasie

Langwerpige liggaam. ‘n Paar dun voeldrade weerskante van die mond. Stertvin is gevurk. Groot skubbe. Rugvinne is goed geskei. Kleur varieer van silwer en swart tot heldergeel.

Algemene Inligting

Die Mullidae familie bestaan uit 6 genera en 55 spesies. Bodemvoeders. Gebruik die voeldrade om voedsel in die sand te vind. (Chemosensories) Word ook gebruik om wyfies aan te trek gedurende hofmakery. Kom voor in klein groepies wat soek na kos. Word soms vergesel van ander opportunistiese visse. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van klein skaaldiertjies en organismes wat op gras leef, insluitend wurms en stekelhuidiges.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en topiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Swartsaal-bokvis (Parupeneus rubescens)
Double-bar goatfish (Parupeneus bifasiatus)
Flame goatfish (Mulloides vanicolensis)