Gauteng Provinsiale Wapen

Simboliek van die Wapen

Die basis van die wapen is drie goudstawe waarop die provinsie se leuse, Unity in Diversity, is. In Afrikaans beteken dit “Eenheid in Diversiteit”. Die skild is blou en verteenwoordig die kleur van die toga wat deur die speaker in die Provinsiale Wetgewer gedra word. Op die skild is ’n goue pik uitgebeeld. 

Dit simboliseer die goudmynbedryf in die provinsie en het ’n verbintenis met die provinsie se naam. Bo-op die skild is ’n kroon, wat identies is aan die kroon op die provinsiale staf, wat uit afwisselende simbole van yster en bye bestaan. Die skilddraers is twee goudkleurige leeus. Die goud simboliseer die naam van die provinsie en die leeus die groot aandeel wat Gauteng aan die land se ekonomie het. Die wapen moet ten alle tye saam met die Gauteng provinsie se leuse, Kuyasheshwa: Gauteng Working Beter, gebruik word. In Afrikaans beteken dit “Gauteng werk beter”.

Translated by Ananda Schoeman