Garden Eels
Seepaling

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Seepaling

Ander in familie

Freckled, Spotted, Common, Red Sea, Taylor’s, Zebra

Wetenskaplike naam

Heterocongridae

Grootte

Tot 70 cm.

Identifikasie

Slang-agtige liggaam sonder enige skubbe. Rugvin is aaneenloend met stert-en anale vinne. Klein kief-openinge. Dik lippe. Kleur varieer van lig met kolle tot donker. Sommige is oranje en wit gekleur.

Algemene Inligting

Die Heterocongridae familie bestaan uit 2 genera en 33 spesies. Leef in groot groepe in sagte, sanderige substraat. Hulle bolywe steek bo die sand uit soos plante, vandaar die naam. Baie skaam. Elke paling leef in sy eie holte. Die sand waarmee die mure van die gate gebou is word aanmekaar gelym met ‘n afskeiding van ‘n klier in die stert. Voortplanting deur middel van eiers vrygestel in die omringende water.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Swart garen eel - Heteroconger perissodon
Splendid garden eel - Gorgasia preclara
White-spotted garden eel - Gorgasia maculatus