Gamay Noir

© Glenneis Kriel

Beskrywing

Gamay noir is ‘n swart wyndruif variëteit wat tradisioneel gebruik is om rooiwyn vir alledaagse gebruik te maak. Dit is ontwikkel uit ‘n kruising van Pinot noir met die antieke variëteit, Gouais blanc.

Oorsprong

Gamay noir is ‘n ou variëteit uit Boergondië wat in 1395 verban is deur Philip the Bold, hertog van Boergondië. Hy was bang dat dit die streek se reputasie om uitstekende wyn te maak kan skaad (veral van Pinot noir). Boere in die streek het al meer Gamay noir begin plant in stede van Pinot noir omdat eersgenoemde ‘n beter opbrengs gelewer het en ook makliker was om te kweek.

Die verbod het daarin geslaag om die streek se reputasie te red, maar egter veroorsaak dat armoede vererger het. Boere van die Beaujolais streek in die suide van Boergondië het dit reggekry om die hertog se aandag te ontglip en het aangehou om Gamay noir te produseer.

Die variëteit het die streek besonder goed gepas en het uiteindelik die vernaamste rooi variëteit van die streek geword sedert die 17de eeu. In die 1980’s het die variëteit begin populêr word buite die streek met produsente wat amper die wyne op die rak kon plaas ‘n dag nadat dit gemaak is.

Sedertdien het die gewildheid van die variëteit afgeneem, maar produsente het gereageer deur meer gesofistikeerde Gamay noir wyne te maak.

Ander Name

Die Franse het die sinoniem Gamay noir à jus blanc gebruik om dit te onderskei van ander Gamay variëteite.

Verbouing in Suid-Afrika

Die variëteit het veld verloor teen Cinsaut noir, omdat dit meer betroubaar is en beter opbrengste lewer.

Produksiestreke

Die area onder Gamay noir in Suid-Afrika het gekrimp tot minder as 10ha in 2016. Amper al hierdie wingerde is in Stellenbosch.

Groei

Die wingerdstok is gemiddeld lewenskragtig. Nuwe klone is relatief vrugbaar, met ‘n opbrengs van tussen 12t/ha en 15t/ha.

Rypwording

Die druiwe word ryp in die vroeë mid-seisoen, vanaf die eerste helfte van Februarie.

Korrels

Die korrels is klein, rond en het ‘n pers-blouerige kleur.

Blare

©Glenneis Kriel
Blare is mediumgroot, rond, hoofsaaklik drielobbig met ‘n heldergroen kleur.

Peste en Plae

Die variëteit is gevoelig vir fungusse soos witroes en donsskimmel, botritis en streepvleksiekte.

Gebruike

In Suid-Afrika word dit gebruik om enkelvariëteit wyne te maak, of ligte rooi versnitte in die nouveaustyl, tesame met druiwe soos Zinfandel, Tempranillo, Pinot noir en Riesling.

Smaak

Die meeste van die karakter van die wyn kom van die vrugte-en blomaromas, met ‘n tikkie rooi vrugte soos pruim en framboos, en blomme soos viooltjies en pinksterroos.Translated by Elna Van Rhyn