Fusiliers
Piesangvis

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Piesangvis

Wetenskaplike naam

Caesionidae

Grootte

Tot 60 cm, gemiddeld 30 cm.

Identifikasie

Silindriese, speekvormige liggame wat spitsvormig is aan beide kante. Diepgevurkte sterte. Sterte het soms ‘n ander kleur streep of kol. Meestal silwer-blou met geel of blou strepe. Soms swart op die stert.

Algemene Inligting

Die Caesionidae familie bestaan uit 4 genera en 20 spesies. Nou verwant aan snappers, maar is aangepas om plankton te eet met ‘n kakebeen wat kan uitstoot. Wei in groot groepe oor riwwe in plankton-ryke areas. Pelagiese kuitskieters.

Voeding

Leef van plankton.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Neon Piesangvis - Pterocaesio tile
Blou en goud Piesangvis - Caesio caerlaureu
Twinstripe fusilier - Pterocaesio marri