Flutemouth
Fluitbek

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Fluitbek/Cornetfish

Wetenskaplike naam

Fistulariidae

Grootte

Tot 1,8m, gemiddeld 70cm

Identifikasie

Geweldige lang, vierkantige, dun liggaam wat dunner word na die punte toe. Buisvormige snoet (fluit-agtig). Stertvin het skerp vurk met ‘n lang draad in die middel. Rugvin en anale vinne is eenders en teenoor mekaar. Gewoonlik silwer met ‘n ligter onderkant.

Algemene Inligting

Die Fistulariidae familie bestaan uit 1 genus en 4 spesies. Uitstekende jagters. Verander van kleur vir kamoeflering en om vyande af te skrik. Kamoefleringskleur is gewoonlik vertikale bruin en silwer strepe. Pelagiese kuitvis.

Voeding

Leef van klein vissies en skaaldiertjies deur hulle in te suig.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.