Flounders
Botvis

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Botvis

Alias

Linkeroog-botvis

Wetenskaplike naam

Bothidae

Grootte

Tot 1,5 m, gemiddeld 40 cm.

Identifikasie

Afgeplatte liggaam met albei oë aan een kant, gewoonlik die linkerkant. Borsvin is langwerpig. Rugvin en anale vinne nie aaneenlopend met stertvin nie. Kleur varieer. Lig met donkerder kolle, soms blou kolle. Kan van kleur verander om weg te kruip.

Algemene Inligting

Die Bothidae familie bestaan uit 13 genera en 116 spesies. Botvisse word gebore met oë aan weerskante van die kop, maar die oë beweeg na die linkerkant sodra die vis op die substraat gevestig is. Onderskeibaar van die tongvis deur die groot borsvin en duidelike kolle. Bodemlewend. Skuil in die sand om prooi voor te lê. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van klein ongewerweldes en vissies op die bodem.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en topiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Leopard flounder - Bothus pantherinus
Peacock flounder - Bothus mancus