Emerald Riesling

© Vititec

Naam

Emerald Riesling

Beskrywing

Emerald Riesling is ’n wit druif kultivar wat Riesling (wit druif) kenmerke het, maar geskik is om in warm klimaatstoestande te groei. UC Davis Universiteit het in 1948 Muskadel met Riesling gekruis om hierdie variëteit te ontwikkel. Sommige navorsers glo egter dat Emerald Riesling ’n kruising tussen Muskadel en Grenache is.

Oorsprong

Verenigde state van Amerika

Ander Name

Emerald Riesling is ook as California 1139 E 29 geregistreer. Hierdie kultivar moet nie met die Duitse Weisser Riesling verwar word nie.

Produksie in Suid-Afrika

Emerald Riesling is in 1981 aan Suid Afrika bekend gestel. Daar is geglo dat dit die warm klimaatstoestande kan weerstaan en tog nog dieselfde geur as die Weisser Riesling kan hê. Hierdie druif word ook in Israel verbou.

Produksie Streke

Slegs 47 hektaar Emerald Riesling groei in Suid Afrika, waarvan 26 hektaar in die Robertson area is. Geen nuwe aanplantings sedert 2016 is aangeteken nie.

Groei

Emerald Riesling het ’n gemiddelde tot sterk groeikrag. Die het ’n hoë opbrengs van 20-30 ton per hektaar as die druiwe opgelei word. Dit kan in verskillende grondsoorte groei en is geskik vir warm klimaatstoestande.

Oestyd

Emerald Riesling word net soos Chenin Blanc mid-seisoen ryp en word by 20-22°C geoes.

Druiwekorrels

Die korrels is groen-wit en rond. Die meganiese oes van Emerald Riesling is baie moeilik as gevolg van die doppe wat oopbars en so baie sap verlore laat gaan.

Blare

Emerald Riesling blare is mediumgroot en heel tot drielobbig met groot, oneweredige rande.

Siektes en Plae

Emerald Riesling is meer as Chenin Blanc bestand teen botritis en is nie baie vatbaar vir witroes (oïdium) en donsskimmel nie. Na oestyd is daar egter baie nuwe groei wat vatbaar is vir witroes (oïdium).

Gebruik

Emerald Riesling bring ’n droë of semisoet wit wyn voort. Bottel veroudering gee dit ’n terpeen-agtige karakter, maar nie so intens soos Weisser Riesling nie.

Smaak

Emerald Riesling is ’n vrugtige, aromatiese wyn met ’n blommegeur en ’n effens speseryagtige smaak wat die kenmerkende Riesling suurvlakke (7-9g/l) het.Translated by Ananda Schoeman