Electric Ray
Drilvis

© Johan Boshoff

Algemene Familienaam

Drilvis

Ander in familie

Torpedovis

Wetenskaplike naam

Torpedinidae

Grootte

Tot 1 m.

Identifikasie

Plat, skyfvormige, ronde liggaam met dik rande. Prominente stertvin. Twee onewe rugvinne. Kleur wissel van bruingrys tot gemarmerde bruin en beige.

Algemene Inligting

Die Torpedinidae familie bestaan uit 2 genera en 14 spesies. Die elektriese orgaan bestaan uit elektroplate en die elektrisiteit kan gestoor word in weefsel, soos ‘n battery. Die elektriese orgaan is niertjievormig en aan die kant van die kop. Skokke van tot 220V kan toegedien word. Lokval-jagters – verlam hul prooi. Nie baie aktief nie. Ovovivipaar. Kleintjies word volledig ontwikkel uit eiers gebore.

Voeding

Leef van klein vissies en ongewerweldes.

Algemene Spesies

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Gewone Spesies

Black-spotted torpedo ray - Torpedo fuscomaculata
Atlantic torpedo ray - Torpedo nobiliana
Marbled electric ray - Torpedo sinuspersici