Eksterne Parasiete

© Roger de la Harpe
Bont Tick (Amblyomma hebreaum) found in short pasture targets birds and mammals.

In die verlede het boere hulle nie vreeslik bekommer oor eksterne parasiete soos luise, myte, bosluise. Vlieë en vlooie nie. Hierdie peste veroorsaak egter nie net ongemak nie, maar het ook ‘n negatiewe impak op voëlgesondheid, -groei en eierproduksie. In erge gevalle mag dit selfs lei tot die dood van veral kuikens.

Voëls word tipies besmet wanneer hulle in aanraking kom met ander besmette diere soos knaagdiere of besmette toerusting soos kratte. Met intensiewe produksiesisteme waar baie voëls bymekaar aangehou word, moet boere veral oplettend wees omdat besmetting kan versprei soos ‘n veldbrand. Selfs boere wat vrylopende of skropvoëls aanhou, moet ook gereeld die voëls ondersoek om probleme op te spoor voordat hulle handuit ruk.

Luise

Voëlluise is bytende luise. Hulle is spesies-spesifiek en leef van stukkies vel of en veerprodukte, en sal dus nie lank oorleef op mense of soogdiere nie. Hulle kan ‘n mens nogtans byt, en laat rooi, jeukmerke agter. Dis dus raadsaam om beskermende klere te dra terwyl jy voëls behande vir hierdie pes.

Verskeie spesies bestaan, elk met sy eie voorkeur vir ‘n spesifieke area op die voël, van die vere tot die vlerke, liggaam of kop. Hulle is tipies 2mm tot 5mm lank, vlerkloos, ses-benig, plat en kan van liggeel tot bruinkleurig wees. Nete of eiers kan gryserig-wit tot strooikleurig wees en word in trossies gelê.

Tekens van Besmetting?

Voëls met luise lyk bedremmeld en vaal. Hul vere mag deurmekaar wees en uitval en hulle is ongemaklik, terwyl hulle gedurig krap en pik aan hulleself in ‘n poging om verligting te kry.
Velirritasies mag in sekondêre bakteriële infeksies ontaard. Swaar besmettings mag ‘n negatiewe impak hê op die reproduktiewe potensiaal van manlike voëls, eierproduksie van vroulike voëls en gewigstoename van kuikens. Dit mag selfs lei tot die dood van jong kuikens.

Translated by Elna Van Rhyn