Dwarf Mongoose
Dwergmuishond

© Nigel Dennis

Naam

Dwergmuishond [Helogale parvula]

Voorkoms

Die Dwergmuishond (Helogale parvula) is die kleinste van die muishond familie, en beide mannetjies en wyfies weeg slegs 350-400gram. Totale lengte is 250mm en die stert is omtrent dieselfde lengte as die liggaam. Hulle bereik volwassenheid in die tweede jaar van hul lewe. Hulle pels kleur is orals dieselfde en kan van n ligte bruin tot 'n donker kastaiingbruin wees.

Dieet

Hulle voed op ongewerwelde diere soos kewers en hul larwes, termiete en sprinkane. Insek prooi word op die grond vasgevang en soms uitgegrawe. Klein gewerweldes word ook by geleentheid gevreet. Troep lede is altyd op die uitkyk vir roofdiere terwyl hulle snuffel vir kos.

Teling

Na 'n dragtigheid periode van 63 dae, gee wyfies 'n werpsel van twee tot drie. n Alfa-wyfie kan twee tot drie werpsels per jaar hê. Hulle word hoofsaaklik in die reënseisoen geteel. Slegs die oorheersende paar in elke troep sal teel, en die res van die groeplede help met die grootmaak en versorging van die kleintjies. Pare sonder helpers kan nie suksesvol hul kleintjies grootmaak nie.

Gedrag

Hulle is dagdiere, sosiaal en territoriale spesies, wat in groepe voer. Groepgroottes kan so groot wees as 20. Die wandelende groepe spandeer die nag in ongebruikte termiet heuwels wat versprei is deur sy grondgebied.

Habitat

Die Dwergmuishond verkies droë bosveld savanne.

Waar hulle gevind word

Die kontinentale verspreiding van die Dwergmuishond strek tot die suidelike grense in die bosvelde van die Noord- en Noordwestelike Provinsies, Mpumalanga en Noord-Kwazulu-Natal. Hulle is meer wydverspreid in noordelike lande.

Noodsaaklike Statistieke

Gewig (Vroulik): 210 - 340 g
Gewig (Manlik): 210 - 340 g
Lengte (Vroulik): 18 - 28 cm
Lengte (Manlik): 18 - 28 cm
Dragtigheids periode: 1,5 maande
Hoeveelheid Kleintjies: 2 - 4 jongelinge
Orde: Carnivora
Familie: Viverridae
Teling: 2 - 4 jongelinge word gebore vanaf Oktober - Maart na 'n dragtigheid periode van ± 8 weke.

Spoor Beskrywing

Hulle het 5 tone op die voorpote, die eerste is klein en lê agter die intermediêre kussing. Die eerste toon en die proksimale kussing van die voorvoete, wat kan wys wanneer die dier stadig beweeg, mag dalk nie wys wanneer dit beweeg of hardloop nie. Hulle het 5 tone op die agtervoete, maar net die klou van die eerste toon kan wys, goed terug van die ander 4 tone. Die kloue van die voorvoete is lank, krom en skerp en meet tot 10 mm oor die dele wat krom is en aangepas is om te grawe. Die kloue op die agterpote is korter, tot ongeveer 8 mm.