Druiwe Peste - Myte

© Louise Brodie
To protect against mites, chemical control should only be applied after bud break and again 14 days later.

Knopmyt

Knopmyt is mikroskopies klein wurmagtige organismes wat deur, wind, voëls en besmette plantmateriaal versprei. Hulle is moeilik om sonder vergroting raak te sien en oorwinter aan die onderkant van lootknoppe en tussen die skubbe van die ogie. Die drie spesies myte wat op wingerde voorkom is die knopmyt, krulblaarmyt en knoppiesblaarmyt waarvan die knopmyt die grootste skade aanrig.

Veral hanepoot en Cabernet Sauvignon is gevoelig vir knopmyt. Simptome sluit in ‘n ‘heksebesem’ groeipatroon, misvormde trosses, bolare en verkorte internodes en die onegalige uitbot van oë. Van die simptome kan ook met mineraaltekorte verwar word, so mikroskopiese ondersoeke moet gedoen word om wel die aanwesigheid van knopmyte te bevestig.

By swaar besmettings sal sommige oë nie uitbot nie of wanneer dit wel bot, mag blare of trosse beskadig wees. Chemiese beheer om die oes van die volgende jaar te beskerm, moet net na bot toegepas word wanneer die insekte na die nuwe groei beweeg.

Die tydsbereking is belangrik aangesien die myte net vir ‘n kort rukkie buite die knoppe is. Net na bot, wanneer die lote ongeveer 10 tot 15 cm lank is, moet dit deeglik bespuit word met ’n geregistreerde middel. Dit word 14 dae later weer herhaal.

Knoppiesblaarmyt

Knoppiesblaarmyt is van dieselfde spesie as knopmyt, en vreet aan die onderkant van die blaar en veroorsaak die kenmerkende uitstulping met ’n holte aan die onderkant van die blaar. Die werking van die blaar word sodoende negatief beïnvloed. 'n Wingerdswawelprogram vir beheer van witroes sal ook knoppiesblaar onderdruk.

Translated By Marinda Louw