Druiwe Peste - Miere en Wingerd Witlus

© Prof Piet Goussard Winetech

Hierdie twee plae word saam bespreek, aangesien miere en witluis normaalweg verwant is. Witluise kan ook oorgedra word deur miere en die voorkoms van miere kan dui op ’n moontlike witluisbesmetting aangesien die heuningdou wat deur witluise afgeskei word, die primêre voedselbron van miere is.

Die witluiswyfie skei wasagtige drade af wat die eiersak vorm. In die larwe-stadium beweeg die larwes vanaf die blaar na die trosse. Swart roetskimmel groei op die heuningdou wat deur die witluise uitgeskei word en die swart verkleuring kan op die besmette stokke gesien word. Witluis versprei rolbladvirus tussen stokke.

©Prof Piet Goussard Winetech

Die hoofdoel van beheer moet dus wees om te voorkom dat witluise die trosse besmet, of versprei na ander stokke en blokke, maar die beheer van miere is die eerste stap in witluis-beheer.

Plastiek wat oor bankies geplaas word kan in sommige gevalle die ideale omgewing vir die nesmaak van miere verskaf. Indien groot getalle aktief-bewegende miere onder die plastiek waargeneem word, moet die plastiek so gou as moontlik verwyder word. Hoog-groeiende onkruide kan alternatiewe paaie vir miere verskaf om in die wingerdstok in te kom en moet veral in die groeiseisoen vermy word.

Die gebruik van ‘n dekgewassisteem kan help om onkruide te beheer, terwyl hulle ook ander voordelige effekte op natuurlike vyande van witluise kan hê. Die natuurlike vyande van witluis is veral larwes van skilpadkewers (wat op die witluis voed) en hul wespes wat die volwasse wyfies aanval. Monitering van witluise met behulp van feromoon lokvalle, wat manlike witluisvlieë vang, word gedoen.

©Prof Piet Goussard Winetech

Witluisbesmette stokke word gedurende die groeiseisoen gemerk sodat dit gedurende die winter voor bot met ’n geskikte chemiese middel behandel kan word. Dit is belangrik dat die aangrensende stokke ook behandel word.

Deeglike benatting van stokke is noodsaaklik aangesien witluise in die winter onder die dooie bas en op die wortels skuil. In gevalle van swaar witluisbesmettings kan van ’n grond-toegediende sistemiese insekdoder gebruik gemaak word. Plaas taai sperbande of sperbande geïmpregneer met ‘n chemiese middel om stam van stok, opleipale en ankerdrade vir beheer van miere.

Translated By Marinda Louw