Dottybacks
Spikkelrug

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Spikkelrug

Wetenskaplike naam

Pseudochromidae

Grootte

Tot 50 cm; gemiddeld 8 cm.

Identifikasie

Lang, silindriese liggame met aaneenlopende rugvin. Klein buikvinne en groot anale vinne. Mannetjie en wyfie lyk total verskillend. Dikwels helder kleure soos oranje ne pers. Swart, wit en geel strepe is ook baie algemeen.

Algemene Inligting

Die Pseudochromidae familie bestaan uit 16 genera en 98 spesies. Word gevind in splete en koraalrommel naby riwwe. Baie territoriaal. Hermafrodiete (kan manlike en vroulike seksuele organe aanneem). Wyfie deponeer ‘n bondel eiers wat deur die mannetjie bevrug en bewaak word. Totdat hulle uitbroei. Sommige spesies is mond-broeiers.

Voeding

Leef van alge, klein skaaldiertjies en plankton.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Tweekleur spikkelrug - Pictichromis paccagnellae
Sankeys spikkelrug - Pseudochromis sankeyi
Donker spikkelrug - Pseudochromis pesi