Die Vroulike Pedi Inisiasieproses

© Dr Peter Magubane

Byale Inisiasie

Op die dag waarop die manlike Pedi se bogwera inisiasie sessie eindig, begin die byale (die meisies se inisiasie). Net meisies wat 'n puberteits seremonie ondergaan het het in aanmerking gekom om geïnisieer te word. Bygestaan ​​deur die ouer vroue is die byale instruksies deur die vrou van die hoofman uitgevoer. Alhoewel die hoof die algehele verantwoordelikheid en gesag oor die byale gehad het, was hy nie op enige manier direk daarby betrokke nie.

Die meisies is ontbied na die hoofman se kgoro deur op die oorlog-horing (phalafala) te blaas. Daarna is hulle gelei na 'n afgeleë plek in die veld waar al hul hare afgesny is. Hul ma's het vir hulle 'n spesiale leer voorskoot (kgakgo) gegee wat hulle aan die voorkant gedra het gekombineer met 'n agterkant-voorskoot (nthepana).

Hulle dra ook 'n kort hemp (uitgewerk met steke), (gentswana of nyebelese). Hierdie styl (klere wat uitgewerk is met stekies), (smocked) is oorspronklik deur sendelinge aan hulle bekend gestel maar het 'n kledingstuk geword wat 'n tradisionele oriëntasie aandui. Hul lywe is met 'n mengsel van rooi oker en vet besmeer waarna hulle vuurmaakhout moes versamel en moes terugkeer na die hoofman se kgoro vir die nag. Voor sonop moes hulle in rye staan volgens rang en behandel word met beskermende medisyne. Daarna is hulle in die veld in geneem.

Op 'n afgeleë plek het hulle 'n skrikwekkende besnydenis ondergaan wat nageboots het wat die seuns ondergaan het. Die meisies is dan na 'n verblyfplek geneem waar hulle vir 'n maand in afsondering gebly het. Gedurende hierdie tyd het hulle formele onderrig ontvang oor die werk en pligte van vroue.

Hulle is geleer om alle mans veral die hoofman te respekteer, het instruksies in seksuele sake ontvang en hul uithouvermoë is getoets. Sang en dans speel 'n belangrike rol in die byale en 'n spesiale drom (Moropa), wat die hoofman gewoonlik gehou het, is vir hierdie doel gebruik.

Na Afsondering

Na afloop van die afsondering is die meisies gebad en het hulle deelgeneem aan rituele en is daarna toegelaat om huis toe te gaan. Tradisioneel was hul bene by die knieë vasgebind en hulle liggame van die nek tot by die enkels in grasmatte bedek. Hulle moes in hierdie stadium van oorgang vir nege maande bly of tot die oes klaar gemaai was.

Deesdae is hierdie tydperk aansienlik verkort om die eise van formele skoolopleiding te akkommodeer. Gedurende hierdie tyd is hulle bygestaan deur hulle ma's om te help om hulle take te verrig en saans het hulle na 'n spesiale hok (thupantlo) wat gebou is en agter die huise van elke kgörö gestaan het gegaan. Hier het hulle onderrig voortgegaan in die vorm van spesiale inisiasie liedjies en eentonige herhaling van formules.

Aan die einde van die byale, is die geïnisieerdes in die veld afgesonder vir ongeveer 10 dae terwyl dikomana (inisiasie geheime) aan hulle geopenbaar is. Die geïnisieerdes is nou opgeneem in 'n regiment wie se leier die senior inisieerder is. Hulle hare is weer geskeer en hulle is gebad waarna hulle met vet en oker besmeer is.

Daarna het hulle na die hoofman se kgoro gegaan, waar hulle vir twee dae gebly het. Gedurende hierdie tyd is hulle sealogas genoem. Na hierdie tydperk het hulle vir die laaste keer in die rivier gebad. Hul ouers het vir hulle nuwe klere gegee wat bestaan het ​​uit die repies voorskoot van die ongetroude meisie wat hulle aan die voorkant gedra het en tot by die enkels gestrek het en die rug voorskoot van getroude vroue (nthepa).

Hulle het ook 'n langer weergawe van die hemp wat uitgewerk was met stekies (smocked), (hempe of nyebelese) gedra. Hulle haarstyl is na die tlopo waar die hare in 'n plat bolla bo-op die kop met die rug en kant hare wat geskeer is verander. Dit was eers die alledaagse hooftooisel van hubare en getroude vroue maar die gebruik daarvan word nou beperk tot die inisiasie rituele. Die geïnisieerde meisies is nou bekend as mothepa, 'n stadium in die aanloop tot volle inisiasie (kgarebe). Hierna is die meisies toegelaat om te trou.

Pedi meisies het deur stadiums van ontwikkeling en inlywing in die samelewing gegaan: lesea (baba); mosetsana (meisie); lethumasa (ongeïnisieerde meisie); kgarebe (volwasse meisie); sealoga ('n kort tydperk van oorgang); mothepa (geïnisieerde jongvrou); kgarebe (jong vrou met erkenning van haar status van volwassenheid). Maar 'n jong vrou bereik eers die status van 'n volwasse vrou (Mosadi) as sy getrou en 'n kind gehad het.

Translated by Wilma Koeppen