Die Plantproses van Druiwe

© Johannes Mellet Wineland
Soak rootstocks in water for 24 hours before planting.

Stokkies word gewoonlik teen die einde van die winter gedurende Julie en Augustus geplant. In gebiede waar laat ryp voorkom of indien grond baie nat is na die winterreëns, moet later geplant word. Indien moontlik, moet die pale en drade vir die latere opleistelsel reeds gevestig wees.

Stokkies word op ’n bepaalde tyd by die kweker afgehaal en behoort koel en klam opgeberg te word om uitdroging te verhoed. Dit kan onder klam sand aan die skadukant van ’n gebou of in ’n koelkamer gestoor word. Dit is uiters belangrik dat die stokkies reg hanteer word voordat dit geplant word.

Dit is ’n goeie gebruik om stokkies vir ’n dag in water te los sodat dit weer vog opneem voor dit geplant word. Beperkte hoeveelheid bossies met stokkies word uitgehaal en na die land geneem om geplant te word terwyl die res onder klam toestande of in water geberg te word terwyl daar geplant word. Indien die wortels en lote baie lank is, kan dit effens ingekort word.

Plantgate van sowat 30 x 30 cm wyd en minstens 30 cm diep word gegrawe in grond wat verkieslik klam en los is. Waar nodig kan die gladde wande met ’n vurk losgekrap word om wortelindringing te bevorder.

‘n Goeie kwaliteit deeglik gekomposteerde humus-ryke plantmateriaal of kompos word bygevoeg in die plantgat om die organiese materiaal inhoud van die grond te verhoog en grondmikrobes te vestig, maar wingerdboukunidges waarsku teen die gebruik van hoendermis, kunsmis of enige chemiese middels aangesien dit die jong wortels kan brand.

Die beste is om die bogronds toe te dien of selfs vloeibare bemesting deur die besproeiingstelsel. Die stokkies moet geplant word sodat die entlas ongeveer 5 cm bokant die grondoppervlak is en die wortels goed versprei wees en afwaarts wys. Wortels moet nie oopval in die plantgat nie en ook nie almal in een rigting wys nie - sogenoemde J-wortels.

Hierna word die gat word half opgevul met los grond en liggies vasgetrap, verder opgevul en weer liggies vasgetrap. Nadat die stokkies geplant is, moet hulle goed nat gemaak word sodat die grond goed kan vassak om die wortels.

Translated by Marinda Louw