Die Limpopo-Shashe Oorgrensbewaringsgebied

Droom van Dongola

©Roger de la Harpe
In Junie 2006 het Suid-Afrika, Zimbabwe en Botswana 'n Memorandum van Verstandhouding onderteken waarin hulle hulle gesamentlike toewyding en voorneme om die Limpopo-Shashe-oorgrensbewaringsgebied (TFCA) te skep, onderteken. Dit sou bestaan uit die Mapungubwe Nasionale Park, die noordelike Tuli Wildreservaat in Botswana en die Tuli-Sirkel in Zimbabwe - 'n totale oppervlakte van ongeveer 136 900 ha. Verskeie ander stukke grond word ook oorweeg. Die storie wat begin het met Jan Smuts se droom van Dongola, het uiteindelik gerealiseer.
In onlangse jare het die idee van oorgrensbewaringsgebiede toenemend gewild geword, te danke aan die ontwikkeling van ekotoerisme as 'n betroubare bron van geld vir nasionale ekonomieë. Hierdie proses is gedryf deur 'n aantal agentskappe, insluitende die Stigting vir Vredesparke, en Suider-Afrika is gelukkig om 'n aantal beskermde gebiede te hê wat kunsmatige politieke grense het. Dit sluit in: Groter Limpopo (tussen die Krugerpark en Mosambiek), Ai-Ais-Richtersveld (tussen SA en Namibië), Kgalagadi (tussen SA en Botswana), Maloti-Drakensberg (tussen SA en Lesotho), Lubombo (tussen SA, Swaziland en Mosambiek ), en 'n embrioniese oorgrensbewaringsgebied tussen Malawië en Zambië. Nou is daar ook die Limpopo-Shashe.

Holistiese Beskerming

©Roger de la Harpe
Hierdie oorgrensbewaringsgebiede is so waardevol omdat hulle heinings verwyder en vrye beweging van wild (en toeriste) oor groot gebiede toelaat. Die inisiatief tussen Suid-Afrika, Zimbabwe en Bots (om hulle bekende titels te gee) is dus 'n geweldige stap vorentoe in die holistiese beskerming en verjonging van die Mapungubwe-gebied. Daar is selfs planne om UNESCO te benader en te versoek dat die uitbreiding van Mapungubwe se Wêrelderfenisgebied die groter oorgrensbewaringsgebied insluit.
En 'n mens kan net die wonders van die Limpopo-Shashe oorgrensbewaringsgebied voorstel. Besoekers sal die ou erfenis van Mapungubwe kan ervaar, dan in die Tuli-blok op 'n Groot 5-safari gaan, en dan na Zimbabwe toe gaan om die lewende erfenis van die plaaslike dorpe en gemeenskappe te ervaar. Daar is ook 'n aantal minder bekende argeologiese terreine in Botswana wat wag om verken te word.

Translated by Nina Joubert