Daaglikse Lewe van die Zulu

Daaglikse Roetines

©Dr Peter Magubane

In die verlede het die daaglikse lewe in 'n Zulu opstal (Umuzi) min of meer dieselfde roetine gevolg. ʼn Duidelike onderskeid is gemaak op grond van geslag, ouderdom en rang. Die jong seuns was verantwoordelik vir die weiding van vee in die veld; die meisies, óf op hul eie of met hul ma's, het na die rivier gegaan om water te gaan haal.

Zulu kinders is hierdeur op 'n vroeë ouderdom blootgestel aan die natuur en het bevestiging van 'n diep, blywende begrip en empatie vir die omgewing. Na ontbyt, wat gewoonlik in die oggend bedien sou word, hou die vroue hulself besig met uitvee, die skoonmaak van potte en ander huishoudelike take.

In die somer, vroeg in die dag terwyl dit nog koel is, sou hulle na die velde gaan om die onkruid tussen hulle oeste te verwyder. In die laat oggend sou die veewagterseuns met die beeste terugkeer, wat dan in die beeskrale gemelk word. Na die beeste gemelk is het hulle dan die eerste maaltyd van die dag geëet. Hulle het op 'n vuurherd in die woon gedeelte in 'n groot pot (ikhanzi) gekook.

Toe, soos nou, vorm amasi (dikmelk van melk) 'n belangrike deel van die dieet: dit word óf op sy eie of gemeng met mieliemeel of met groente geëet. Tot vandag toe nog is mieliemeel 'n stapelvoedsel wat in 'n paar huishoudings geproduseer word deur moeisaam die koring tussen twee rotse te maal.

Mans was minder betrokke in huishoudelike take en het baie tyd spandeer deur die bywoning van vergaderings in die iband (hoofman se hof), 'n erkende bymekaarkomplek gewoonlik onder bome buite die Umuzi, private werk soos die herstel van hul skilde of die verwerking van die velle van hul diere. Vroue was, en is nog steeds, verantwoordelik vir die maak van matte en kralewerk, wat hulle by hul moeders geleer het.

Pottebakkery is 'n hoogs geskoolde handwerk wat deur betreklik min beoefen word. Alle houtwerk word deur mans gedoen, wat gewoonlik spesialiseer het die maak van spesifieke items soos lepels, vleis bakke en melkemmers, wat gekerf is uit soliede stukke hout. Geen kerwers maak nog kopstutte nie omdat mense nou verkies om kussings te gebruik. Yster-smeewerk was 'n gespesialiseerde beroep wat tradisioneel in die geheim geoefen is en dikwels beperk is tot die manlike lede van slegs een gesin.

Die belangrikste items wat gemaak was was skoffels, om die velde te bewerk, en die maak van lemme van spiese, wat die belangrikste wapens was vir gevegte. Vanaf die 1830's, was die belangrikste bron van metaal dit wat hulle deur die handel met die Engelse en Portugese gekry het. Krale, lap, koper en gewere is verruil vir ivoor, arbeid, velle en beeste. Die handel het gelei tot die vinnige ondergang van tradisionele yster-smeewerk vaardighede, omdat minderwaardige rou yster, wat makliker was om mee te smee, verkrybaar was van verbygaande handelaars.

Translated by Wilma Koeppen