Cuttlefish
Inkvis

© Jean Tresfon

Gewone Familienaam

Inkvis

Alias

Tjokka

Wetenskaplike Naam

Sepiida

Grootte

Tot 1 m

Identifikasie

Geronde ovaalvormige liggame met vinne langs die volle lengte van die liggaam. Agt arms en twee voedingstentakels. Groot ‘w’- vormige pupille. Kleur varieer en word gebruik as kamoeflering.

Algemene Inligting

Die orde Sepiida val onder die klas Cephalopoda wat insluit seekatte, pylinkvis en seilslakke. Word dikwels verwar met pylinkvisse (wat nie die ‘w’-vormige pupille het nie, en kleiner is). Het ‘n interne skulp vir dryfbeheer. Beweeg vining deur die water. Gebruik ink as ‘n verdedigingsmeganisme. Voortlplanting deur middel van eiers wat gelê word onder rotslyste op koraalkoppe.

Voeding

Leef van vis en skaaldiere.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Reuse inkvis - Sepia apama
Mourning inkvis - Sepia plangon
Naald inkvis - Sepia aculeata