Curly Leaf Grass
Breëkrulblaar

© D. Wessels

Naam

Breëkrulblaar

Latynse naam

Eragrostis rigidior

Beskrywing

Breëkrulblaar het ’n lengte van tot 1 m en is ’n meerjarige gras. Die droë blare is oop en gekrul. Die bloeiwyse is ’n saamgestelde tros met die onderste takke wat in ’n krans gerangskik is. Die onderste blaarskede is papieragtig. Dit het soms blare en / of wortels op die onderste knope.

Gebruike

Dit is ’n gemiddelde weidingsgras met harde en relatief min blare. Dit is ’n belangrike weidingsgras in droë gebiede waar dit in oorvloed voorkom. Die algemene voorkoms in die veld is ’n aanduiding van versteuring.

Habitat

Breëkrulblaar groei gewoonlik in versteurde plekke soos ou bewerkte lande en op kaal kolle in oorbeweide en / of geërodeerde veld. Dit word meestal in sanderige- en leemgrond gevind. Dit kom in suidelike en Oos Afrika so ver as Kenia en Uganda voor. Dit kom meestal in warm gebiede voor.

Blomme

Oktober tot Mei (Suid Afrika)