Crabs
Krap

© Shem Compion

Gewone Familienaam

Krap

Wetenskaplike Naam

Brachyura

Grootte

Van 5 mm tot 4 m

Identifikasie

Ovaal tot ronde karapaks met vyf pare bene. Die eerste paar het ontwikkel in knypers, waarvan die grootte verskil. Die onderlyf is verkort en onder die toraks ingetrek. Oë is op steeltjies en kan nie teruggetrek word nie. Kleur varieer tussen rooi, bruin, wit, oranje, swart, beige, grey en blou. Kolle en merke verskil ook.

Algemene Inligting

Die Brachyura infra orde is ‘n groep krappe wat geen sigbare stert het nie. Hulle val onder die sub-orde Pleocyemata (sluit krappe, krewe, varswaterkrewe en andere in). Die meeste beweeg sywaarts. Skuil in gate en skeure op riwwe. Bevrugte eiers word deur die wyfie uitgebroei en sit aan die swempote vas totdat hulle gereed is om uit te broei.

Voeding

Leef van alge, wurms, weekdiere, fungi, bakterieë en brokstukkies afval.

Verspreiding

Kom wêreldwyd voor in tropiese en semi-tropiese areas in sout-sowel as vars water.

Algemene Spesies

Clown krap - Platypodiella spectabilis
Ghost krap - Ocypode ryderi
Pebble krap - Leucosia anatum