Chenel

Naam

Chenel

Beskrywing

Chenel is ’n Suid Afrikaanse wit druif met ’n neutrale smaak. Hierdie kultivar is verkry toe Professor Chris Orffer Chenin Blanc met Ugni Blanc (ook bekend as Trebbiano) gekruis het.

Oorsprong

Suid Afrika

Ander Name

Chenel is ook bekend as K1 en ’n ander Suid Afrikaanse kultivar van dieselfde kruising word Weldra genoem.

Produksie in Suid-Afrika

Chenel het sy oorsprong in Suid Afrika in 1974. Die oudste wingerdstokke is reeds in 1979 op die plaas Laaiplaas in die Robertson area geplant. In 2016 was daar 33 hektaar Chenel in Suid Afrika met die helfte daarvan in die Robertson wynstreek.

Produksie Streke

Die Robertson vallei is die grootste produksie streek. Die Olifants Vallei en Noord Kaap het elk 8 hektaar onder produksie. Daar is slegs 1 hektaar gedurende 2016 aangeplant.

Groei

Chenel groei goed met intensiewe verbouing soos besproeiing en hoë prieel-opleiding. Dit het ’n gemiddelde, 16-20 ton per hektaar, tot ’n hoë, 23-27 ton per hektaar, opbrengs. As gevolg van hierdie kultivar se weerstand teen verrotting, kan dit in lae liggende warm streke in klam grond aangeplant word.

Oestyd

Chenel word laat in die mid-seisoen ryp en word ongeveer 4 dae tot ’n week na Chenin Blanc geoes.

Druiwekorrels

Die korrels is mediumgroot en ovaal met ’n dun maar taai dop. Die druiwe is sappig met ’n neutrale smaak.

Blare

Hierdie kultivar se ronde blare is swak drielobbig, dofgroen en mediumgroot.

Siektes en Plae

Chenel is baie bestand teen korrel-bars en nat weerstoestande en kan daarom witroes en ander verrottings weerstaan. Dit is omtrent immuun teen botritis en suurvrot.

Gebruik

Chenel produseer neutrale wit wyne met ’n goeie balans. Die neutrale smaak en natuurlike hoë suurvlak (6-8g/l) maak dit ’n goeie wyn vir brandewyn of as ’n versnitwyn om ander wyne se suurvlakke te verhoog.

Smaak

Chenel het ’n neutrale smaak en ’n hoë suurvlak.Translated by Ananda Schoeman