Chardonnay

© Louise Brodie

Naam

Chardonnay

Beskrywing

Chardonnay is die mees algemene wit druif kultivar in die wêreld. Hierdie druif is ’n kruising tussen die Pinot-druif familie en die baie skaars Gouais Blanc variëteit.

Oorsprong

Frankryk

Ander Name

Melon blanc, Pinot blanc Chardonnay, Pinot Chardonnay of Weisser Clevner

Produksie in Suid-Afrika

Alhoewel die kultivar al baie lank in die land beskikbaar is, het produksie eers regtig in die 1970’s begin toe verbeterde plante beskikbaar gestel is.

Voorheen is steggies van wingerdstokke wat reeds met ’n virus besmet was gemaak. Gefrustreerd met die spoed waarmee nuwe gesonde plante ingevoer en beskikbaar gestel is, het 10 boere besluit om self iets aan die saak te doen. Hierdie groep het tussen 1973 en die vroeë 1980’s steggies op elke moontlike manier in die land ingesmokkel.

Hierdie steggies is verkry van Franse wingerdstokke van die Geissenheim wyn skool in Duitsland, waar hulle leier Danie de Wet ’n voormalige student was. De Wet, wat by Dewetshof naby Robertson boer, was die eerste om in 1973 nuwe Chardonnay-klone in die land in te smokkel.

Produksie Streke

Chardonnay word in al die wynstreke in Suid Afrika geproduseer, met Robertson, Paarl, Stellenbosch, Swartland en die Breedekloof wat die grootste produksie areas is.

Groei

Die kultivar is ’n medium plant met ’n opbrengs potensiaal van 5 – 9 ton per hektaar.

Oestyd

Vroeg in die jaar, gewoonlik gedurende die eerste helfte van Februarie.

Druiwekorrels

Die druiwekorrels is klein en rond met ’n dowwe groen tot geel kleur. Die dop is dun en deurskynend, maar ferm en die vleis is sag en sappig.

Blare

Mediumgrootte dik blare, effens gelob met konvekse rande.

Siektes en Plae

Chardonnay is matig vatbaar vir donsskimmel en botritis. Die wingerdstokke floreer in gebiede met koeler wintertemperature en matige somertemperature. Vroeë rypwording help om die impak van warm klimaat kondisies op die produksie te verminder.

Gebruik

Chardonnay word gebruik as ’n enkel variëteitswyn (gehout of ongehout) en om een van Suid Afrika se top vonkelwyne te produseer. Dit word dikwels met Sauvignon Blanc versny.

Smaak

Die wyne wat van hierdie druif geproduseer word se karakter wissel afhangende van die klimaat kondisies en die grondsoort. Alhoewel die kultivar maklik by die meeste grondsoorte aanpas, is klei en kalksteen die beste. Geure wissel van kruie, vanielje, botter, kaneel of ’n vrugtige tot tropiese smaak. Die wyne het ’n goue kleur en fluweelagtige gevoel in die mond.Translated by Ananda Schoeman