Bukettraube

Naam

Bukettraube

Beskrywing

Bukettraube is ’n aromatiese wit kultivar afkomstig van Duitsland. Hierdie druif is ’n kruising tussen die Sylvaner en Trollinger variëteite. Bukettraube is omtrent uitgeroei omdat dit baie laat in Duitsland ryp word en vatbaar is vir witroes.

Oorsprong

Duitsland

Ander name

Bouquettrabe, Bukettrebe, Boxer, Riesling Bukett, Sylvaner Musque, Bukettriesling, Bocksbeutel of Wuerzburger.

Produksie in Suid-Afrika

Die eerste wingerde is volgens rekord in 1978 op die plaas Lemoenfontein naby die Paarl aangeplant. Produksie areas het vanaf 280 hektaar in die jaar 2000 tot 52 hektaar in 2016 verminder. Die grootste Bukettraube wingerde, 31.5 hektaar, word in die Swartland area gevind.

Produksie streke

Slegs omtrent 70 hektaar Bukettraube word in die wêreld gevind. Die grootste produksie streek is in Suid Afrika, 68 hektaar in 2014. Bukettraube word grootliks in die Paarl, Cederberg en Malmesbury areas verbou.

Groei

Hierdie kultivar het ’n hoë opbrengs potensiaal, maar is ’n stadige swak groeier. Dit is nie baie koste effektief om aan te plant nie as gevolg van die hoë spuitkoste.

Oestyd

Die druif word laat ryp wat dikwels lei tot ’n lae suurheidsgraad van 5-6g/l.

Druiwekorrels

Bukettraube se groot, ronde, smaaklike korrels het ’n taai, slymerige dop. Dit het groot, kompakte, keëlvormige trosse.

Siektes en plae

Bukettraube is vatbaar vir witroes (oïdium) asook rolblaar en kry dikwels sonskade.

Gebruik

In die 1980’s is die soet Bukettraube as ’n edellaatoes gebruik en ook in versnitte wyne. Dit is nie baie gewild as ’n enkel variëteitswyn nie en aanplanting in Suid-Afrika is beperk as gevolg van die swak groeikrag. Die veroudering potensiaal is nie langer as 12 maande nie. Hierdie wyn word saam met speseryagtige slaaie, kerrie, gerookte vleis en nagereg bedien.

Smaak

Bukettraube het die kenmerkende appelkoos en blom aromas van muskadel. As dit met hout in kontak kom ontwikkel dit ’n botterige of ligte speseryagtige geur.Translated by Ananda Schoeman