Boxfish
Koffervis

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Koffervis

Wetenskaplke Naam

Ostraciidae

Grootte

Tot 60 cm

Identifikasie

Heksagonale skubbe is versmelt in ‘n harde, koffer-agtige karapaks. Hierdie struktuur beperk hulle beweeglikheid. Geen buikvinne nie. Swem met hulle borsvinne. Klein mondjie. Veskeidenheid kleure, maar die heuningkoekpatroon is die algemeenste.

Algemene Inligting

Die Ostraciidae familie bestaan uit 14 genera en 37 spesies. Die naam beteken “skulp” in Grieks. Familie van die blaasoppie en koeivis. Die vel van een genus (Lactophrys) skei gif af. Stadige swemmers, maar in staat tot spoed wanneer bedreig. Jong visse is rond en gewoonlik helderkleurig. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Dieet bestaan uit skaaldiere, rooiaas, sponse, sagte koraal, wurms en alge.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Gewone Spesies

Koffervis - Ostracion cubicus
Witspikkel-koffervis - Ostracion meleagris