Boomslang

© Roger de la Harpe

Naam

Boomslang [Dispholidus typus]

Klas

Reptilia

Orde

Squamata

Familie

Colubridae

Subspesies

Hoewel in die verlede verdeel en gesubklassifiseer, word daar tans slegs een genus in die spesies erken.

Lengte V

1 260 mm

Lengte M

1 290 mm

Beskrywing

Die boomslang is ‘n groot slang met ‘n duidelik onderskeibare kop en groot oë met ronde pupille. Kleur van die slang varieer grootliks. Hulle is soms blaargroen, heldergroen of swart met donkergrys, swartomlynde pensskubbe, of baksteenrooi tot roesrooi met ‘n oranjepienk pens.

Verspreiding

Die boomslang kom voor deur die hele Afrika suid van die Sahara, asook in die noordelike dele van die gebied, en al langs die oos- en suidkus tot by Kaapstad.

Voortplanting

Paring vind in die lente plaas en 10 – 14 eiers word in die somer in holtes in bome en in blaarmolm gelê. Dit neem 3 – 4 maande om uit te broei.

Gif

Die gif van die boomslang is ‘n kragtige hemotoksien wat verhoed dat bloed stol, en sterftes veroorsaak weens bloeding. Die boomslang is egter sku en byt selde; dis gewoonlik slanghanteerders wat gebyt word.

Dieet

Die prooi van die boomslang bestaan uit klein werweldiere, veral verkleurmannetjies en voëls.