Bluebottles
Bloublasie

© Johan Boshoff

Algemene Familienaam

Bloublasie

Wetenskaplike Naam

Physaliidae

Grootte

Dryfinrigting tot 30 cm; uitlopers tot 50 m.

Identifikasie

Blou gekleurde ‘blaas’ wat dryf, met lang uitlopers na onder. Sommige is plat, sonder die kenmerkende blaas.

Algemene Inligting

Die physaliidae familie val onder die orde siphonophora (hulle het nie die onmiskenbare medusa van jellievisse nie). Bestaan uit vier gespesialiseerde inividue in een; die dryfinrigting; uitlopers, organe en seksuele organe. Daar is links- en regshandige individue en hulle word apart links en regs gewaai. Hulle vang hulle prooi met nematosiste (steekselle) in die uitlopers. Voortplanting is seksueel met sperms en eierselle wat indie water vrygelaat word.

Voeding

Leef van vis. Vislarwes en kefalopode (koppotiges).

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Gewone Spesies

Blue button - Porpita porpita
Bluebottle - Physalia physalis
By the wind sailor - Velella sp.