Black Mamba
Swart Mamba

© Roger de la Harpe

Naam

Swart mamba, gewone of swartbek Mamba [Dendroaspis polylepis]

Bevolkingstatistiek

Klas - Reptilia
Orde - Squamata
Familie - Elapidae
Lengte V - 2530 mm
Lengte M - 2330 mm

Beskrywing

Die swart mamba is ‘n groot, vaartbelynde slang met ‘n smal doodskisvormige kop en gladde skubbe. Die rug is egalig geskutbrons tot olyfbruin, maar nooit werklik swart nie. Die pens is lig grysgroen, soms met donker vlekke, en die bek is binne swart.

Verspreiding

Swart mambas kom voor in die noordelike dele van die subkontinent (nie in die woestyn nie), al langs die KwaZulu-Natalse kus tot by Port St. Johns. Elders, tot Senegal en Somalië.

Voortplanting

12 – 17 eiers word gelê in termiethope, hol stompe ens., en broei binne 80 – 90 dae uit. Die kleintjies groei vining en ‘n swart mamba kan tot 2000 mm lank word in sy eerste lewensjaar.

Gif

Die gif van die swart mamba is neuro- en kardiotoksies. Die gifvolume is 100 – 400 mg; 10 -15 mg is dodelik vir die mens.

Dieet

Swart mambas vreet voëls en klein soogdiere soos rotte en dassies.