Bierbrouery

© Chris Daly

Bier is een van die drankies wat deur die meeste mense oor die hele wêreld gedrink word. Daar is min wat nie sal saamstem dat daar niks beter is as ‘n koue bier aan die einde van ‘n lang dag nie. Daar is vele maniere om bier te brou. Gars, hop en gis word op verskeie maniere gekombineer om biere te brou wat alle palette en voorkeure bevredig.

Mikrobrouerye en boetiekbierspesialiste het onlangs op die voorgrond getree met bierbrouery in Suid-Afrika. SouthAfrica.co.za neem jou deur die proses van bierbrouery; van die kweek van jou eie hopplant tot die skink van daardie perfekte, verfrissende drankie.